The Brady Brides A Very Brady Christmas The Bradys
The Brady Bunch is 'n Amerikaanse TV-reeks van die 1960’s en 1970’s oor die avonture van ’n groot, gelukkige gesin met goedgemanierde kinders.[1] Die sitkom is deur Sherwood Schwartz geskep en van 26 September 1969 tot 8 Maart 1974 op ABC uitgesaai. Dit bestaan uit vyf seisoene met 117 episodes en handel oor die doen en late van 'n stieffamilie met ses kinders en 'n lawe huishoudster. Die reeks word as een van die laaste ou-styl familie-sitkoms beskou.
Ná die reeks se kansellasie in 1974 is dit vanaf September 1975 vir sindikasie beskikbaar gestel. Terwyl die oorspronklike reeks nie uitermatig suksesvol was nie, het dit onder sindikasie gewilde kykmateriaal vir jong kinders en tieners geword.[2]
Talle opvolgreekse en TV-films het die lig gesien, insluitende The Brady Bunch Hour (1976–77), The Brady Girls Get Married (1981), The Brady Brides (1981), A Very Brady Christmas (1988) en The Bradys (1990). Die reeks is in 1995 in 'n satiriese fliek getiteld The Brady Bunch Movie verwerk, wat in 1996 met A Very Brady Sequel opgevolg is. 'n Tweede opvolg, The Brady Bunch in the White House, is vir TV aangepas en in 2002 op Fox uitgesaai.
Episode 12 van seisoen 3 (Getting Davy Jones) is in 1997 deur die Amerikaanse TV Guide-tydskrif as een van die 100 Grootste Episodes van Alle Tye aangewys.[3]