Die swartwildebees (Connochaetes gnou) is 'n groot wildsbok wat in die hoë velde van Suider-Afrika voorkom. Die spesie het uitsterwing in die gesig gestaar, maar bevolkings in privaat gebiede en natuurreservate het na 1994 met sukses toegeneem.
Volwasse swartwildebeeste het 'n gemiddelde massa van 180 kg en 'n hoogte van 120 cm. Hulle lyk baie op die blouwildebees, maar is ietwat kleiner en het 'n wit stert. Die bulle het horings wat tot 68 cm lank kan word.
Die koei is vir 8 tot 8,5 maande dragtig, waarna 'n enkele kalfie gebore word. Swartwildebeeste het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.
Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.