Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is die amptelike krygsmag van Suid-Afrika. Dit het in 1994 tot stand gekom as opvolger van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Dit sluit personeel en toerusting van die SAW en voormalige tuislande in, asook personeel van voormalige guerrilla-magte van sekere politieke partye soos die ANC se Umkhonto we Sizwe, die PAC se APLA en die beskermingseenhede van die IFP.[2]
Geskiedenis
Die SANW het die personeel en toerusting van die SAW oorgeneem en magte van die voormalige Bantoestan-tuislandmagte geïntegreer, sowel as personeel van die voormalige guerrilla-magte.[3]:5 Vanaf 2004 word die integrasieproses as afgehandel beskou met die behoud van personeel, struktuur en toerusting van die SAW. Weens integrasieprobleme, finansiële beperkings en ander kwessies het die SANW egter vaardigheidsbeperkings in die gesig gestaar.[4]
Die Suid-Afrikaanse kommandostelsel was tot 2008 'n burgerlike milisie wat gebaseer was op plaaslike eenhede van kompanjiegrootte tot bataljongrootte.[5] In die laaste jare was die kommandos se rol om die Suid-Afrikaanse Polisiediens tydens interne operasies te ondersteun. Tydens sulke ontplooiings het die eenhede onder beheer van die SAPD gekom.
Volgens die Ministerie van Verdediging Hersiening van 2014, is die SANW "in 'n kritieke toestand van agteruitgang".[6]
Herbewapening
In 1999 het die ANC-regering $4,8 miljard (ongeveer ZAR 30 miljard) aan die aankoop van nuwe wapentuig spandeer. Verskeie aantygings van korrupsie tydens die aankope is daarna geopper.[7][8] Die aankope behels die verkryging van korvette, duikbote, ligte helikopters, vegsimulators en gevorderde ligte vegvliegtuie.
Personeel
Teen 30 April 2011 was die rassesamestelling as volg:
↑Potgieter, Thean; Liebenberg, Ian (Oktober 2012) [2012]. Reflections on War – Preparedness and Consequences. Stellenbosch: Sun Media Stellenbosch. ISBN978-1-920338-84-8.