Sint Maartin (Frans: Saint-Martin, Nederlands: Sint Maarten) is 'n eiland in die Karibiese See en lê in Noord-Amerika. Dit is 'n oorsese gebied van Frankryk en die Koninkryk van die Nederlande en is sedert 1648 tussen die twee lande verdeel. Dit is die enigste plek ter wêreld met 'n grens tussen Frankryk en die Koninkryk van die Nederlande (in Europa lê België tussen die twee).
Die eiland is genoem na die heilige Martinus van Tours, en het 'n oppervlakte van 87 km² en 'n bevolking van sowat 74 740 in 2009 gehad.
Sien ook
Eksterne skakels