Sigmaringen is 'n stad in die suide van Duitsland in die deelstaat Baden-Württemberg. Die stad het 'n oppervlak van 92,85 km² en het 15 517 inwoners. Dit lê aan die Donau-rivier en is die hoofstad van die Sigmaringen-distrik.
Sigmaringen is bekend vir sy kasteel, die Schloss Sigmaringen, wat tot 1850 as die setel van die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen gedien het.
Stadsdele
- Gutenstein
- Jungnau
- Laiz
- Oberschmeien
- Sigmaringen (middestad)
- Unterschmeien
Susterstede
Verwysings