Sianobakterie

Sianobakterieë
Tydperk: 3500–0 m. jaar gelede
Tolypothrix sp.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Cyanobacteria

Sianobakterieë (filum Cyanobacteria), ook blou- of blougroenwiere genoem, staan dikwels – ontereg – as blougroenalge bekend – of meer tereg – as blougroenbakterieë. Hulle is primitiewe klein organismes wat sedert hul ontstaan in die Prekambrium glad nie verander het nie. Hulle is prokariotiese organismes wat fotosintese vermag.

Hulle is akwaties (in water lewend) en dikwels eensellig, hoewel hulle ook matte kan vorm, wat dan deur hulle blougroen kleur verraai word. Hulle is een van die oudste lewensvorme op aarde en het dalk reeds tussen 2 en 3,5 miljard jaar gelede bestaan. Sianobakterië was dalk verantwoordelik vir die Groot Suurstofkatastrofe. Fossielmatte wat stromatoliete genoem word het veral die Mesoproterosoïkum oorheers en kan vandag nóg op talle plekke aangetref word.[1]

Bou

Mikroskopiese beeld van Arthrospira fusiformis-selle wat in Rusland versamel is.

Die struktuur van die mikroskopiese wierselle is baie eenvoudig. Daar is geen ware kern nie en die kernmateriaal en selkleurstof is oral in die protoplasma van die sel versprei.

Die kleur, wat gewoonlik blou of groen is, word deur die verhouding van die rooi (fikoëritrine), groen (chlorofil) en blou (fikosianine) pigment in die sel bepaal. Hoewel daar nie spesifieke organelle (organismes wat 'n spesifieke funksie vervul) in die sel is nie, is daar wel sekere selinsluitsels. Benewens oliedruppeltjies kom daar skynvakuole in die blouwierselle voor.

Hierdie vakuole speel 'n rol in die dryfvermoë van sommige blouwierselle. Blouwiere kom ook in die vorm van rustende spore (akinete) voor. Akinete is selle wat vergroot is met 'n dik selwand en tot sewentig jaar lank die vermoë om te ontkiem kan behou.

In die bepaalde omstandighede vorm sommige meersellige blouwiere heterosiste (groot selle met 'n dik wand wat uit eiwitte opgebou is). Hierdie selvorme speel waarskynlik in die sel se voortplanting 'n rol. 'n Normale, aktiewe blouwiersel word omring deur 'n dun membraan wat uit pektien, sellulose, eiwitte en vette saamgestel is. As gevolg van die pektien in die selwand word die blouwier as 'n primitiewe organisme geklassifiseer.

Meersellige blouwiere se selwande is dikwels bedek met slym, wat daartoe aanleiding gee dat 'n hele kolonie blouwiere dan deur 'n slymkapsel omhul word. Die spesifieke vorm van die kolonies word bepaal deur die eienskappe van die soort blouwier en deur die omgewing waarin hulle voorkom. As die omstandighede ongunstig is, kan blouwiere net soos bakterieë spore met dik wande vorm. In hierdie vorm kan die blouwier dan ongunstige toestande oorleef. Sodra die toestande weer gunstig word, los die dik spoorwand op en word die blouwiersel weer vrygestel om ongehinderd verder voort te plant.[2]

Rol in die natuur

Blouwiere speel 'n belangrike rol in die natuur. Net soos die plante die voedsel van die meeste diere op land is, is blouwiere saam met ander wiersoorte die weivelde van die see. As daar geen wiere was nie, sou daar geen seediere kon gewees het nie. Omdat blouwiere fotosinteer, het hulle in water 'n nog belangriker rol om te vervul. Gedurende fotosintese stel blouwiere suurstof vry wat vir asemhaling van visse en ander seediere noodsaaklik is. Sonder hierdie wiere sou daar te min suurstof vir enige seelewe in die water gewees het. Blouwiere het ook die vermoë om stikstof uit die atmosfeer te absorbeer - iets wat ander plante en diere nie kan doen nie. Met hierdie organismes se vermoë om stikstof op te neem en suurstof vry te stel, sal blouwiere waarskynklik in die toekoms as voedsel vir ruimtemanne op lang ruimtereise gebruik kan word.[2]

Sianobakterieë kan skadelik vir mens en dier wees. Twee derdes van Suid-Afrika se damme het in 2015 hierdie organismes bevat volgens navorsing van Matthews en Bernard.[3] Dit is gewoonlik die gevolg van die feit dat water hoogs verryk is met voedingstowwe (nitrate, fosfate) uit die landbou wat die water hipertrofies maak. Die organismes kan by hoë konsentrasies 'n soort mat of skuim vorm. Vee wat hierdie skuim inkry, sal vrek.

Voortplanting en ekologie

Groot sianobakteriese opbloei naby Fidji

Blouwiere kan deur seldeling of spoorvorming voortplant. Eensellige organismes deel eenvoudig vegetatief en vorm kokkusspore. Meersellige blouwiere vorm 'n aantal hormospore (meersellige draadjies wat uiteindelik tot die vorming van 'n nuwe kolonie aanleiding gee). Omdat blouwiere nie spesifieke eise aan hul omgewing stel nie, kan hulle byna oral op aarde voorkom. Hulle lewe in sowel sout- as varswater. Op land word hulle van woestyne tot gletsers aangetref. Omdat blouwiere uiterste temperature kan verdra, is hulle dikwels die baanbrekers vir plantegroei op ratse. Omdat blouwiere die rotse laat verweer, vorm hulle humus sodat ander plante daar kan groei. Sommige blouwiere lewe in simbiose met skimmels en vorm so korsmosse. In die Suidpoolstreek is korsmos die vernaamste plantegroei op die ratse. Omdat blouwiere nie baie lig vir fotosintese nodig het nie, kan hulle baie diep onder die water voorkom. Naas die verskillende soorte blouwiere wat op verskeie vlakke groei, is daar ook soorte wat los in water ronddryf. Laasgenoemde vorm gewoonlik deel van plankton. Bepaalde soorte visse lewe van blouwiere. In Indië het die boere die blouwiere se vermoë om stikstof uit die lug te absorbeer, gebruik om met die bemesting van hul landbougrond te help. Sover bekend, is daar twee soorte giftige blouwiere: die Microcystis flos aquae en die Anabaena flos aquae skei tydens metabolisme stowwe af wat vir mens en dier toksies is.[2]

Verwantskappe

Blouwiere is eenvoudige organismes wat alleen kan voorkom of in draadvormige kolonies saamlewe. Fossiele van blouwiere wat in prekambriese gesteentes gevind is, dui daarop dat blouwiere reeds meer as twee miljard jaar oud is – ouer as die oudste dierfossiele. Sedert die Prekambrium het blouwiere bykans geen verandering ondergaan nie.

Blouwiere resorteer onder die splytplante (dit wil sê bakterieë en eensellige blouwiere) en word in die eenselliges en meerselliges onderverdeel. Wat hul bou en manier van voortplanting betref, stem die blouwiere baie ooreen met bakterieë. Dit is trouens dikwels moeilik om die twee van mekaar te onderskei.

Die selwand van die blouwier bestaan uit dieselfde materiaal as die van die bakterie. Albei organismes het ook geen ware selkern nie. Die selvoortplanting van sowel die blouwier as die bakterie is ongeslagtelik en geskied deur middel van seldeling.

Ten spyte van hierdie ooreenkomste is daar tog duidelike verskille. In teenstelling met bakterieë het blouwiere chlorofil waarmee hulle kan fotosinteer (koolsuurgas word tydens fotosintese onder die invloed van lig in suurstof en koolhidrate omgesit.)

Blouwiere kan net soos sommige bakterieë stikstof uit die atmosfeer absorbeer en dit vir hulle metaboliese prosesse gebruik. Wat dit nog moeiliker maak om tussen die twee organismes te onderskei, is die feit dat daar kleurlose organismes (algobakterieë) bestaan wat presies dieselfde eienskappe as blouwiere besit. [2]

Taksonomie

Mikrobioloë stem nie altyd saam oor die taksonomie nie. Die NCBI gee naas talle Cyanophyta incert. sed. hierdie agt ordes:[4]

  1. Chroococcidiopsidales
  2. Gloeobacteria
  3. Gloeoemargaritales
  4. Nostocales
  5. Oscillatoriophycideae
  6. Pleurocapsales
  7. Spirulinales
  8. Synechococcales

Verwysings

  1. "ucmp Berkeley U." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 1982 Ensiklopedie Afrikana (Edms) Bpk, ISBN 0908409419 Stel, ISBN 0908409443 Band
  3. "Volksblad 9 Junie 2015" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020.
  4. "NCBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2019.

Read other articles:

Overview of the status of the Islam in the Philippines This article is about the religion of Islam in the Philippines. For the Muslim ethnic group, see Moro (ethnic group). Islam by countryWorld percentage of Muslims by country Africa Algeria Angola Benin Botswana Burkina Faso Burundi Cameroon Cape Verde Central African Republic Chad Comoros Democratic Republic of the Congo Republic of the Congo Djibouti Egypt Equatorial Guinea Eritrea Eswatini Ethiopia Gabon Gambia Ghana Guinea Guinea-Bissau...

 

Ле-МажLe Mage Країна  Франція Регіон Нормандія  Департамент Орн  Округ Мортань-о-Перш Кантон Лонні-о-Перш Код INSEE 61242 Поштові індекси 61290 Координати 48°30′37″ пн. ш. 0°48′15″ сх. д.H G O Висота 158 - 246 м.н.р.м. Площа 25,34 км² Населення 219 (01-2020[1]) Густота 10,06 ос./км² Розмі

 

Bài viết này cần thêm chú thích nguồn gốc để kiểm chứng thông tin. Mời bạn giúp hoàn thiện bài viết này bằng cách bổ sung chú thích tới các nguồn đáng tin cậy. Các nội dung không có nguồn có thể bị nghi ngờ và xóa bỏ. (tháng 11/2021) Ủy ban Doanh nghiệp nhỏ và Doanh nhân Thượng việnỦy ban Thường trựcĐang hoạt độngThượng viện Hoa KỳQuốc hội khóa 117Lịch sửThành lập20 tháng 2, 1950L...

Las Manos de Filippi Las Manos de Filippi en 2007 durante un concierto en Montevideo.Datos generalesOrigen Buenos Aires, ArgentinaEstado ActivoInformación artísticaGénero(s) SkaRockHip-hopRap rockPunk rockRock cómicoRock de fusiónRock alternativoPeríodo de actividad 1992 - actualidadDiscográfica(s) IndependienteArtistas relacionados Rodrigo, Che Chino, El Exagerado, Los Gardelitos, Cadena PerpetuaMiembros Hernán «El Cabra» de Vega Germán Anzoátegui Pablo MarchettiGuido Dur

 

Otto FriesLloyd Hamilton, Otto Fries, dan Marvel Rea dalam The Simp (1920)Lahir(1887-10-28)28 Oktober 1887St. Louis, Missouri, Amerika SerikatMeninggal15 September 1938(1938-09-15) (umur 50)Los Angeles, California, Amerika SerikatPekerjaanPemeranTahun aktif1920–1938Suami/istriVivian Marshall (1914–1938, kematiannya)Anak2, termasuk Sherwood M. Fries[1] Otto Hugo Fries (28 Oktober 1887 – 15 September 1938) adalah sebuah pemeran film Amerika Serikat. Ia tamp...

 

Portuguese footballer Tiago Rodrigues Rodrigues with CSKA Sofia in 2018Personal informationFull name Tiago Filipe Sousa Nóbrega Rodrigues[1]Date of birth (1992-01-29) 29 January 1992 (age 31)[1]Place of birth Vila Real, Portugal[1]Height 1.77 m (5 ft 10 in)[1]Position(s) MidfielderTeam informationCurrent team GençlerbirliğiNumber 42Youth career2000–2006 Diogo Cão2006–2008 Sporting CP2008–2011 Vitória GuimarãesSenior career*Years ...

Anime television series MegaloboxKey visual, featuring the main character Joe/Junk Dogメガロボクス(Megarobokusu)GenreSports[1] MangaMegalobox - Shukumei no SōkenPublished byKodanshaMagazineShōnen Magazine EdgeDemographicShōnenOriginal runFebruary 17, 2018 – August 17, 2018Volumes2 Anime television seriesDirected byYō MoriyamaWritten byKatsuhiko ManabeKensaku KojimaMusic byMabanuaStudioTMS Entertainment3xCubeLicensed byAUS: Madman EntertainmentBI: A...

 

Formula muatan formal. Muatan formal (atau disebut juga muatan resmi) adalah suatu perhitungan yang dapat digunakan pada struktur Lewis untuk menentukan muatan dari atom–atom yang membentuk suatu ikatan ionik maupun ikatan kovalen. Muatan formal merupakan jumlah elektron valensi dalam atom bebasnya dikurangi dengan jumlah elektron yang dimiliki oleh atom tersebut dalam sruktur Lewisnya. Untuk menentukan jumlah elektron atom dalam struktur Lewisnya dapat digunakan aturan sebagai berikut: Sem...

 

Tratado de ManaguaTipo de tratado BilateralFirmado 28 de enero de 1860Expiración 19 de abril de 1905Partes Reino Unido NicaraguaIdiomas InglésEspañol[editar datos en Wikidata] Mapa de la 'Reserva Mosquito' El Tratado de Managua, también conocido como el Tratado Zeledón-Wyke, fue un acuerdo internacional firmado en 1860 entre el Reino Unido y el Estado de Nicaragua, por el que el Reino Unido reconocía la soberanía de Nicaragua sobre parte del Reino de Mosquitia, pero reservó,...

2006 studio album by John HicksSweet Love of MineStudio album by John HicksReleased2006RecordedApril 5, 2006StudioVan Gelder Studio, Englewood Cliffs, New JerseyGenreJazzLabelHighNoteJohn Hicks chronology I Remember You(2006) Sweet Love of Mine(2006) Sweet Love of Mine is an album by pianist John Hicks, recorded in 2006. Background The recording session that produced this album was the last of pianist John Hicks' career.[1] Recording and music The album was recorded at the Van...

 

2021 novel by P. Djèlí Clark A Master of Djinn US editionAuthorP. Djèlí ClarkCover artistStephan MartiniereCountryUnited StatesLanguageEnglishSeriesDead Djinn UniverseGenreSteampunkFantasySet inCairoPublisherTordotcomPages400ISBN978-1250267689 A Master of Djinn is a 2021 fantasy steampunk novel by American writer P. Djèlí Clark, published by Tordotcom.[1][2] The book is part of Clark's the Dead Djinn Universe and follows the events of the novelette A Dead Djinn...

 

Doug Kingsmore StadiumBTF, DKS, The DougClemson vs. South Carolina in 2006Former namesBeautiful Tiger Field(1970–2003)LocationN. Silas Pearman Blvd.(Perimeter Rd.)Clemson, South Carolina,Coordinates34°40′44″N 82°50′56″W / 34.679°N 82.849°W / 34.679; -82.849OwnerClemson UniversityOperatorClemson UniversityCapacity6,272Record attendance6,636 (March 6, 2022)Field sizeLeft Field - 320 ft (98 m)Left-Center - 370 ft (113 m)Center Field ...

Jérôme RakotomalalaUskup Agung TananariveGerejaGereja Katolik RomaPenunjukan5 April 1960Masa jabatan berakhir1 November 1975PendahuluVictor SartrePenerusVictor RazafimahatratraJabatan lainKardinal-Imam Santa Maria Consolatrice al Tiburtino (1969-75)ImamatTahbisan imam31 Juli 1943Tahbisan uskup8 Mei 1960oleh Paus Yohanes XXIIIPelantikan kardinal28 April 1969oleh Paus Paulus VIPeringkatKardinal-ImamInformasi pribadiNama lahirJérôme Louis RakotomalalaLahir(1914-07-15)15 Juli 1914Île Sa...

 

British politician (born 1962) This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article is an autobiography or has been extensively edited by the subject or by someone connected to the subject. It may need editing to conform to Wikipedia's neutral point of view policy. There may be relevant discussion on the talk page. (November 2017) (Learn how and when to remove this template messag...

 

Second Investigation DepartmentAntrasis Operatyvinių Tarnybų DepartamentasAgency overviewFormed27 October 1918 (restored 1 June 1990)JurisdictionMinistry of National DefenceHeadquartersJankiškių g. 50, LT-02300 Vilnius, LithuaniaEmployeesClassifiedAnnual budgetClassifiedAgency executiveBrig. gen. Remigijus Baltrėnas The Second Investigation Department or AOTD (Lithuanian: Antrasis operatyvinių tarnybų departamentas) is a Lithuanian intelligence agency under the Ministry of National Def...

American physician Sharon AndersonBorn1949NationalityAmericanOccupationNephrologistKnown forFormer President of the American Society of Nephrology (ASN) Sharon A. Anderson (born 1949) is an American physician, educator, and researcher practicing in Portland, Oregon. She has contributed extensively to the study of the progression of chronic kidney disease. Her research has focused on diabetic nephropathy, polycystic kidney disease and the pathophysiology of the aging kidney. She was the f...

 

PT Bukalapak.com TbkNama dagangBukalapakJenisPerseroan terbatas terbukaKode emitenIDX: BUKAIndustriTeknologi informasiDidirikan10 Januari 2010; 13 tahun lalu (2010-01-10)Pendiri Achmad Zaky Muhammad Fajrin Rasyid Nugroho Herucahyono KantorpusatJakarta, IndonesiaWilayah operasiIndonesiaSingapuraAustraliaTokohkunci Willix Halim (Direktur Utama/CEO) Teddy Oetomo (Direktur/Presiden) Natalia Firmansyah (Direktur/CFO) Victor Lesmana (Direktur/CEO BukaFinancial & Commerce) Howard Gani (Dire...

 

Major form of Indian classical dance This article should specify the language of its non-English content, using {{lang}}, {{transliteration}} for transliterated languages, and {{IPA}} for phonetic transcriptions, with an appropriate ISO 639 code. Wikipedia's multilingual support templates may also be used. See why. (November 2021) BharatanatyamA Bharatanatyam dancer in PolandNative nameபரதநாட்டியம் (Tamil)Etym...

Pandemi COVID-19 di AlaskaPeta kasus menurut borough, pada 6 Mei   1–9   10–19  20–79  > 80PenyakitCOVID-19Galur virusSARS-CoV-2LokasiAlaska, ASKasus pertamaAnchorageTanggal kemunculan7 Maret 2020Kasus terkonfirmasi372Kasus sembuh284Kematian10Situs web resmicoronavirus.alaska.gov Pandemi COVID-19 dikonfirmasi mencapai negara bagian Alaska pada 12 Maret 2020.[1] Pada 11 Maret, Gubernur Mike Dunleavy mendeklarasikan keadaan darurat.[2...

 

Liên đoàn bóng đá RwandaCAFThành lập1972Gia nhập FIFA1978Gia nhập CAF1976Chủ tịchMarcel MatikuWebsitehttp://www.ferwafa.rw/ Liên đoàn bóng đá Rwanda (tiếng Pháp: Fédération rwandaise de football association, FERWAFA) là tổ chức quản lý, điều hành các hoạt động bóng đá ở Rwanda. Liên đoàn quản lý đội tuyển bóng đá quốc gia Rwanda, tổ chức các giải bóng đá như vô địch quốc gia và cúp quốc gia. Liên đoàn b...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!