Shallcross was van 2019 tot 2021 die toneel van sporadiese bendegeweld.[2] In Januarie 2021 het Yaganathan “Teddy Mafia” Pillay die 8ste slagoffer geword van 'n doodstryd om beheer van plaaslike dwelmverkope en -verspreiding.[3] Pillay se twee aanvallers is op die toneel deur plaaslike inwoners om die lewe gebring. 'n Broer van Pillay het aangedui dat die polisie nog geen arrestasie in enige van die moorde gemaak het nie, en besmoontlik omgekoop word.[4] In een van verskeie sluipmoordaanvalle volgend op hierdie moorde, is 'n 52-jarige man op 8 Maart in Taurusstraat doodgeskiet.[5]