Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Seun

Koning Chulalongkorn van Siam (heel regs) met enkele van sy seuns by Eton-kollege in 1897 (die Koning het 33 seuns gehad).
'n Seun hardloop na sy pa.
'n Groepie seuns in Xinjiang, China.

'n Seun is 'n manlike kind (spruit), ongeag ouderdom, en die woord beskryf die verhouding tot die ouers in 'n familie. Die vroulike ekwivalent is 'n dogter.

Voor industrialisasie, en in sommige landbou-gebaseerde ekonomieë, is daar 'n hoër waarde aan seuns as aan dogters geheg, omdat seuns fisies sterker was en beter met die landbou kon help.[1] In heelwat gemeenskappe sal seuns tradisioneel eerste erf, voor dogters.

Seun as Christelike simbool

Onder Christene verwys “die Seun” (met 'n hoofletter) of “Seun van God” na Jesus Christus. Christene wat in 'n drie-eenheid glo, aanvaar Jesus as die menslike vergestalting van God. In die Bybel verwys Jesus na Homself as die “Seun van die Mens”.

Seun as eienaam

Sommige vanne verwys na die vader, met 'n voor- of agtervoegsel wat dit aandui.

bin of ibn. Bv. "Ibn Khaldun" (seun van Khaldun)

son: Bv. "Magnusson" ("seun van Magnus"); "Sigurdsson" ("seun van Sigurds")

'd: "d'Antonio" ("seun van Antonio")

Mac of Mc: Bv. "MacThomas" ("seun van Thomas"), "MacDonald" ("seun van Donald"), "MacLean" ("seun van Lean")

Verwysings

  1. The International Center for Research on Women (ICRW). http://www.icrw.org/files/publications/Son-Preference-and-Daughter-Neglect-in-India.pdf Geargiveer 6 Julie 2011 op Wayback Machine Op 18 Julie 2011 besoek.

Eksterne skakels

Kembali kehalaman sebelumnya