Rugby League Park (ook bekend as Christchurchstadion) is 'n stadion in Christchurch, Nieu-Seeland, wat vir rugby en rugby league aangewend word. Die stadion was vroeër bekend as die Addington Skougronde en word besit deur die Canterbury Rugby League.
Rugby League Park het ernstige skade gekry tydens die Christchurch-aardbewing in Februarie 2011 en was gesluit tot 24 Maart 2012.[1]
Na die aardbewing moes die pawiljoene afgebreek word. Die AMI-stadion, die hoofsportgronde in Christchurch, het egter heelwat meer skade gely. As tydelike vervanging vir die stad is Rugby League Park opgegradeer na 18 000 sitplekke in Maart 2012 met ’n moontlike uitbreiding na 26 000 vir groot wedstryde. Die gevolg was dat die Crusaders hul basis na Rugby League Park verskuif het vir die 2012 Superrugbyseisoen. Die stadion sou ook die gasheer wees van ’n All Black-wedstryd en ’n wedstryd van die Wellington Phoenix.[2][3]
Wedstryde
Rugbyliga-toetswedstryde
Verwysings
Eksterne skakels