Robert Douglas Thomas Pattinson[1] is 'n Engelse akteur, model, musikant en rolprentvervaardiger.[2] Pattinson het sy loopbaan begin met 'n rol as Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire.[3] Hy het later die hoofrol vertolk van die vampier, Edward Cullen in die Twighlight Saga-filmreeks geskryf deur Stephenie Meyer.[4][5] Hierdie rol het hom gevestig as een van die hoogs betaalde akteurs in Hollywood en het groot beroemdheid meegebring.[6][7][8] In 2010 is Pattinson benoem as een van TIME se '100 Mees Invloedryke Mense Ter Wêreld', en in dieselfde jaar het Forbes hom gelys in die Forbes Celebrity 100.[9][10][9]
In 2009 het hy die rol vertolk van Salvador Dalí in Little Ashes. In dieselfde jaar is 'n dokumentêr met die titel Robsessed[11] vrygestel oor sy beroemdheid en gewildheid. Hy het verskyn as 'n jong man met baie probleme in Remember Me, en het ook verskyn in die romantiese drama Water for Elephants in 2011. Sy vertolking van die rol as a tawwe, gevoellose en berekende miljardêr in David Cronenberg se Cosmopolis in 2012, het hom baie lof besorg. Hy het verder waardering ontvang van sy rol in David Michôd se futuristiese film The Rover en in Cronenberg se satiriese drama Maps to the Stars (beide in 2014).
Pattinson is geskeduleer om te verskyn in Werner Herzog se Queen of the Desert, Anton Corbijn se Life, Olivier Assayas se Idol’s Eye[12] en in James Gray se The Lost City of Z.
Pattinson speel en skryf ook sy eie musiek.
Hy is 'n ondersteuner van ECPAT International,[13] Parents and Abducted Children Together (PACT),[14]GO Campaign en is 'n lid van International Medical Corps.[15] Hy dra ook by tot kanker bewusmakings veldtogte.
Vroeëre lewe
Pattinson is gebore in Londen, Engeland. Sy pa, Richard, het antieke motors uit Amerika ingevoer en sy ma, Clare het gewerk vir 'n modelagentskap. Pattinson het twee ouer susters, Lizzy en Victoria. Lizzy het bekendheid verwerf as sanger.[16] Robert het groot geword in die Barnes distrik van Londen, waar hy skool gegaan het by Tower House School[17] tot en met die ouderdom van 12, waarna hy The Harrodian School[18] bygewoon het.[19] Robert het betrokke geraak by amateurteater deur die Barnes Teatergroep. Hy het 'n klein rol losgeslaan in Guys and Dolls. Hy het ook 'n oudisie gedoen vir Thornton Wilder se Our Town en is raakgesien deur George Gibbs. Hy het ook rolle vertolk in Anything Goes en Macbeth.[20] Hy het aandag getrek met sy rol in Tess of the Urbervilles en het hierna begin kyk na meer professionele rolle.
Loopbaan
Model
Pattinson het as 'n model begin werk op die ouderdom van 12, maar die aanvraag na hom het vier jaar later begin afneem. Hy het teenoor 'n tydskrif genoem dat hy die mees onsuksesvolle loopbaan as model gehad het.[21] Pattinson het verskyn in die advertensieveldtog van Hackett se Herfs 2007 versameling.[22]
In Junie 2013 is Pattinson gekies as die nuwe gesig van Dior Homme[23][24][25] en het verskyn in die 1000 LIVES, advertensie veldtog, deur Romain Gavras, met fotografie deur Nan Goldin. Hierdie veldtog het ook 'n liedjie Whole Lotta Love[26] deur die Engelse rockgroep Led Zeppelin bevat.[27][28][29] Goldin het ook later 'n boek met die titel Robert Pattinson: 1000 Lives,[30] vrystel wat 'n versameling van Pattinson's se foto's van die veldtog bevat.[31][32]
Akteur
Vroeë Loopbaan
Pattinson het ondersteunende rolle gehad in die televisieproduksie van Ring of the Nibelungs in 2004, en in Mira Nair se Vanity Fair, alhoewel die tonele waarin hy verskyn, slegs op die DVD-weergawe verskyn.[33][34] In Mei 2005 was hy geskeduleer om te verskyn in die Britse premier van The Woman Before deur die Royal Court Theatre, maar is net voor die openingsaand afgedank, en vervang deur Tom Riley.[35] Later daardie jaar het hy die rol van Cedric Diggory vertolk in Harry Potter and the Goblet of Fire. Vir hierdie rol het hy die toekenning van British Star of Tomorrow ontvang van The Times[36] en is meer as een keer met Jude Law vergelyk.[37][38]
In 2006 het Pattinson verskyn in The Haunted Airman, wat op 31 Oktober die lug gesien het op BBC. Die rol het goeie resensies aan Pattinson besorg.[39][40][41]The Stage het geskryf dat Pattinson die rol van die lugman, of die titel, met 'n perfekte kombinasie van jeugvolle terreur, en 'n wêreldwyse sinisme vertolk.[42] In Februarie 2007, het hy 'n ondersteunende rol vertolk in 'n televisie drama gebaseer op die topverkoper deur Kate Long, The Bad Mother's Handbook.[43][44]
Die Twilight Saga
In 2008 het Pattinson die rol losgeslaan van Edward Cullen in die film Twilight, gebaseer op Stephenie Meyer se topverkoperreeks met dieselfde naam. Volgens berigte was Pattinson oorspronklik huiwerig vir die rol, bang dat hy nie sal voldoen aan die 'beeld van perfeksie' wat van die karakter verwag word nie.[45] Die film is op 21 November 2008 vrygestel, en het Pattinson oornag in 'n ster en wêreldwye sensasie verander.[46] Alhoewel die film gemengde resensies ontvang het, is Pattison en sy mede-ster Kristen Stewart geloof vir die dinamika tussen hulle.[47] Die New York Times het na Pattinson verwys as 'n 'bekwame, eksotiese pragtige' akteur[48] en Roger Ebert was van mening dat hy perfek vir die rol is.[49]
Hy het weer die rol van Edward Cullen vertolk in die Twilight opvolg The Twilight Saga: New Moon, wat vrygestel is op 20 November 2009. Die film het 'n rekordinkomste van $142,839,137 gedurende die openingsnaweek verdien, en 'n opbrengs van $709,827,462 wêreldwyd verseker.[50] Die film self het negatiewe resensies ontvang, maar Michael Phillips van die Chicago Tribune het gesê dat Pattinson steeds 'interessant is om na te kyk, ten spyte van die slegte grimering'.[51]
Sy volgende film, The Twilight Saga: Eclipse is vrygestel op 30 Junie 2010, en het 'n inkomste van $698,491,347 wêreldwyd besorg.[52][53] Ook hierdie film het gemengde resensies ontvang. Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het met lof gepraat oor Pattinson se toneelspel. Hy het genoem dat Pattinson jou laat vergeet van die wit grimering en vreemde kontaklense, en jou laat fokus op 'n karakter wat geskeur is tussen sy liefde vir die menslike Bella (Stewart), en die wete dat sy haar kloppende hart moet prysgee as sy vir ewig by hom wil bly.[54] Will Lawrence van Empireonline het al drie hoofakteurs geprys vir hulle vertoning. Hy het gesê dat die liefdesdriehoek duideliker en skerper is as ooit vantevore: Stewart wat steeds haar lip byt, Lautner wat steeds sy spiere wys, en Pattinson wat nie heeltemal van sy 'fiery-eyed pout' ontslae raak nie. Maar al drie het saam met hulle rolle ontwikkel, en wegbeweeg van die melodrama van die voorlopers.[55]
Pattinson het weer verskyn as Edward Cullen in The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1, wat op 18 November 2011 vrygestel is, en 'n inkomste van $705,058,657 by die loket verdien het.[56]
Pattinson het 'n laaste keer verskyn as Edward Cullen in die finale aflewering van die Twilight Saga, The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 2 wat op 16 November 2012 vrygestel is, en 'n rekordinkomste van $829 miljoen wêreldwyd by lokette verdien het. Die film het die meeste van die reeks verdien.[57][58]
Ander Vrystellings
In 2008 is How to Be, 'n film deur Oliver Irving vrygestel.[59][60] Dit het by verskeie film feeste vertoon en het gemengde reaksie van kritici ontvang.[61][62] Pattinson het ook verskyn as Salvador Dalí in die film Little Ashes, 'n Spaans-Britse drama deur Paul Morrison.[63] Hy het ook verskyn in 'n kort film The Summer House deur Daisy Gili.[64] Hierdie film is later weer vrygestel as deel van 'n bundelfilm met die titel Love & Distrust, wat bestaan uit 5 kortfilms wat 8 indiwidue, van verskeie agtergronde, volg op 'n tog om ware tevredenheid te vind.[65][66]
In 2009, het Pattinson die 81ste Academy Awards aangebied.[67] Op 10 November 2009, het Revolver Entertainment 'n DVD vrygestel met die titel Robsessed, 'n dokumentêr oor Pattinson se lewe en beroemdheid.[68]
Pattinson het gespeel in die film Remember Me wat op 12 Maart 2010 vrygestel is.[69] Die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattinson se vertolking van die rol is geprys. Jake Coyle van Associated Press het gesê dat die jong akteur 'n onmiskenbare teenwoordigheid het. Hy het in Remember Me, die rol aangedik, was baie selfbewus met neergeslane oë, moue opgerol en 'n sigaret wat kunsmatig uit sy mond hang, maar Tyler (soos Edward Cullen) is 'n huiwerige romantikus.[70] Ian Nathan van Empire Online was van mening dat dit Pattinson se beste vertolking tot op datum was.[71] en Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het Pattinson en sy mede akteur Emilie de Ravin, geprys vir hulle vertoning, en gevoel dat die tonele van Pattinson en de Ravin ware sjarme uitstraal.[72]
In 2011, het hy die rol vertolk van Jacob Jankowski in Water for Elephants, 'n film weergawe van die Sara Gruen boek met dieselfde titel.[73] Ook die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattison se vertoning is geprys. Richard Corliss van Time het Pattinson geloof vir 'n skaam, stadige magnetisme wat die kyker se oë op hom fokus, en het na hom verwys as "sterkwaliteit".[74] Mick LaSalle van die San Francisco Chronicle het gesê dat Pattinson homself sentraal in die rolprent hou.[75] Peter Travers van die Rolling Stone het gesê dat hy "smeul" in die film[76] en Todd McCarthy van The Hollywood Reporter het gesê dat Pattinson heeltemal oortuigend die rol van Jacob vertolk.[77]
Hy het ook die rol vertolk van Georges Duroy in die 1885 roman Bel Ami. Die film is vrygestel by die 62ste Internasionale Fees in Berlyn.[78] Dit is vrygestel op 12 Februarie 2012.[79]
Pattinson het die rol vertol van die film verwerking van Don DeLillo se Cosmopolis, deur David Cronenberg.[80] Die film het meegeding vir die Palme d'Or op 2012 se Cannes-rolprentfees.[81][82] Al was die film goed ontvang, is Pattison in besonder geprys vir sy vertoning. The Telegraph het Pattinson se vertolking van die rol as sensasioneel beskryf.[83]
Aan die einde van 2013, het Pattinson verskyn in a swart en wit kortfilm met die model Camille Rowe as die nuwe gesig van Dior Homme Fragrances.[84][85]
Ander projekte
In Mei 2014 is twee van Pattinson se films uitgereik op die 2014-Cannes-rolprentfees.[86] Pattinson het ook verskyn in David Michod se The Rover[87] saam met Guy Pearce en Scoot McNairy.[88][89] Vir sy vertoking van 'n naïwe, eenvoudige lid van 'n kriminele bende, het Pattinson goeie tergvoer ontvang. Scott Foundas van Variety-tydskrif het gesê dat Pattinson die film se grootste verrassing was, met 'n oortuigende aksent. Hy het verder bygevoeg dat die rol baie tot Pattinson se suksesvolle loopbaan bydra.[90] Todd McCarthy van The Hollywood Reporter noem dat Pattinson se vertolking van die rol, ten spyte van die tekortkominge van die karakter, meer interessant word namate die film vorder.[91]
Hy het vir 'n tweede keer verenig met Cronenberg in Maps to the Stars, 'n drama beskryf as a donker, komiese kyk na Hollywood oorvloed.[92][93] Die film het meegeding vir die Palme d'Or op die 2014-Cannes-rolprentfees.[94] In hierdie film het Pattinson die rol vertolk van Jerome Fontana, 'n limo bestuurder en sukkelende akteur, wat graag 'n suksesvolle draaiboekskrywer wil wees.[95] Pattinson het gunstinge resensies ontvang vir sy vertolking van die rol.
Pattinson het aangesluit by die span van Werner Herzog se weergawe van Gertrude Bell se film Queen of the Desert en sal die rol van TE Lawrence vertolk saam met Nicole Kidman en James Franco.[96][97][98]
Hy sal ook verskyn in Anton Corbijn se Life wat handel oor die vriendskap tussen James Dean en Dennis Stock.[99][100][101][102]
Hy sal ook saam met Bérénice Bejo en Tim Roth verskyn in Brady Corbet se debuut film The Childhood of a Leader, wat in November 2014 'n aanvang sal neem.[103][104] Hy het ook aangesluit by Olivier Assayas se aksieriller Idol’s Eye saam met Robert De Niro.[105] In November 2014 sal hy ook verskyn in Benedict Cumberbatch se vertolking van die topverkoper The Lost City of Z met regisseur James Gray.[106][107] Hy sal ook teenoor Carey Mulligan verskyn in James Marsh se Hold On to Me.[108][109][110][111]
Musiek
Pattinson speel die kitaar en klavier en skryf selfs sy eie musiek.[112] Hy het ook twee van die liedjies wat op die Twilight-klankbaar verskyn, gesing: Never Think, wat hy saam met Sam Bradley geskryf het,[113] en Let Me Sign, wat geskryf is deur Marcus Foster en Bobby Long.[114]
Die liedjies is by die film ingesluit nadat die regisseur, Catherine Hardwicke, Pattinson se opnames vroeër in die rolprent gebruik het sonder sy medewete. Hy het egter ingestem dat die liedjies gebruik kan word omdat dit by die toneel 'pas'.[2] Die klankbaan van die film How to Be bevat drie oorspronklike liedjies deur Pattinson[115] wat deur komponis Joe Hastings geskryf is.[116]
Behalwe vir die liedjies, het Pattinson geen ander opnames gemaak nie. Toe hy uitgevra is oor die moontlikheid van 'n professionele sangloopbaan, het hy gesê dat musiek slegs daar is om op terug te val as sy loopbaan as akteur misluk.[2] In 2010 het Pattinson 'n toekenning ontvang as Hollywood's Most Influential Top Unexpected Musicians.[117]
In die media
Pattinson is aangewys as die "Sexiest Men Alive" in 2008 en 2009 deur die tydskrif People.[118][119] In 2009 is hy ook aangewys as die "Sexiest Man Alive" deur Glamour-tydskrif.[120]AskMen het Pattinson benoem as een van die top 49 mees invloedryke mans van 2009.[121] In 2009 het Vanity Fair Pattinson aangewys as een van die "aantreklikste mans in die wêreld", saam met Angelina Jolie, wat aangewys is as die mooiste vrou in die wêreld.[122] Pattinson was benoem as een van Vanity Fair se "Top Hollywood Earners of 2009" met 'n geskatte inkomste van om en by $18 miljoen in 2009.[6][123]
In Desember 2009 het Pattinson 'n getekende kitaar aan liefdadigheid geskenk.[124] Hy het ook as vrywilliger vir die Hope for Haiti Now: A Global Benefit for Earthquake Relief in Januarie 2010 gewerk.[125]GQ en Glamour het Pattinson benoem as die "Best Dressed Man" van 2010, met GQ wat gesê het, "Extremely elegant and inspiring, the true essence of a contemporary man."[126][127] In 2010, het People Pattinson geplaas in hulle "World's Most Beautiful" uitgawe.[128] In 2010 het Pattison 'n aanbod van $2 miljoen aanbod afgekeur vir 'n modeveldtog met Burberry.[129]
Brittanje se The Sunday Times Rich List het hom gelys as 'n jong miljoenêr in die Verenigde Koningkryke, met 'n geraamde inkomste van £13 miljoen.[130]TIME het hom benoem as een van 2010 se '100 Most Influential People in The World'.[10] In Junie 2010 is Pattinson benoem deur Forbes tydskrif as een van die top 50 akteurs in die wêreld met 'n verdienste van $17 miljoen.[131] 'n Wasbeeld van hom is by die Madame Tussauds reeks in Londen en New York gevoeg.[132] Op 14 November 2010 het Pattinson verskeie toekennings ontvang – twee van BBC Radio, 1 Teen Toekenning, Besgeklede en Beste Akteur.[133] In 2011 was Pattinson 15de in Vanity Fair se "Hollywood Top 40" met 'n inkomste van $27.5 million in 2010.[134]GQ het weer vir Pattinson benoem as "Best Dressed Man" in 2012.[135] In Oktober 2012 is Pattinson benoem as die "Sexiest Man Alive" deur Glamour UK.[136]
In 2013 was Pattinson 2de in Glamour se "Richest UK Celebs Under 30" met 'n verdienste van £45 miljoen.[137] Brittanje se London Evening Standard het hom benoem as een van Londen se mees invloedryke mense van 2013 in hulle The Power 1000.[138] In Februarie 2014 het hy verskyn op die voorblad van World Film Locations: Toronto, 'n boek oor Toronto en films wat in die stad vervaardig is.[139] Op 19 Februarie 2014 het Timur Kryachko 'n Russiese astroloog 'n asteroide wat hy ontdek het, vernoem na Pattinson as 246789 Pattinson.[140][141] 'n Toneelstuk oor drie volwasse vroue met 'n obsessie oor Pattinson met die titel, Totally devoted is vertoon by Surgeons' Hall in Edinburgh op 13 Augustus 2014.[142]
Liefdadigheidswerk
Pattinson ondersteun en bevorder die ECPAT-veldtog Stop Sex Trafficking of Children and Young People.[143][144][145] Op 2009 se Cannes-rolprentfees het Pattinson vir die organisasie amfAR, The Foundation for AIDS Research $56,000 ingesamel.[146] In Junie 2010 het hy van sy eie kunswerk geskenk aan Parents and Abducted Children Together wat op eBay verkoop is. Die opbrengs het hy geskenk aan 'n organisasie wat werk met vermiste kinders.[147][148] Hy het ook 'n getekende skets met die titel Unfinished City geskenk, wat verkoop is vir $6,400.[149] Die opbrengs hiervan het gegaan aan 'n tehuis vir haweloses in Arizona – Ozanam Manor.[150]
In Januarie 2010 het Pattinson deelgeneem aan 'n liefdadigheidsprojek Hope for Haiti Now: A Global Benefit for Earthquake Relief.[151] In Maart 2010 het hy geld ingesamel vir Midnight Mission.[152] Hy het ook $80,000 ingesamel vir die GO Veldtog deur 'n meet and greet op die stel van die Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1 op te veil. Later het hy ook 'n privaat vertoning van The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1 opgeveil.[153] In Augustus 2011 het hy gehelp met 'n kanker bewusmakingsveldtog deur aandag te fokus op die The Cancer Bites campaign in sy toespraak by die 2011 Teen Choice Toekennings.[154][155]
In Augustus 2013 het Pattinson die Kinderhospitaal in Los Angeles besoek en deelgeneem aan kunsaktiwiteite met die pasiënte.[156][157] In September 2013 het hy by die Internasionale Mediese Korps aangesluit en een van hulle Gesertifiseerde Eerste Respondente geword.[158][159] Hy het deelgeneem aan 'n GO Veldtog Go Go Gala, en het 'n tjello gekoop wat gemaak is van herwinde materiaal vir $5,600 op 15 November 2013.[160][161] In Maart 2014 het hy getekende items vir 'n veilig geskenk om fondse in te samel vir die Prostaatkanker Navorsings Vereniging.[162] In Mei 2014 het hy sy fiets geskenk aan 'n veiling om fondse in te samel vir die Royal Flying Doctor Service of Australia (RFDS). Die organisie verskaf primêre gesondheidsorg vir mense in afgeleë areas.[163]
Privaat Lewe
Pattinson was romanties betrokke by Kristen Stewart wat saam met hom in die Twighlight reeks verskyn het.[164] In Julie 2012 is fotos gepubliseer van Stewart en die regisseur van Snow White and the Huntsman, Rupert Sanders.[165] Die dag wat die foto's vrygestel is, het Stewart 'n amptelike verskoning uitgereik aan Pattinson, waarin sy om verskoning vra vir die pyn en vernedering wat sy veroorsaak het deur haar optrede. Daardeur het sy die belangrikste ding in haar lewe in gedrang gebring, naamlik Rob, die persoon vir wie sy lief is, en vir wie sy die meeste respek het. Sy het gesê dat sy lief is vir hom en dat sy verskriklik jammer is.[166]
Pattinson is volgens berigte tans betrokke by FKA Twigs oftewel Tahliah Debrett Barnett.[167]
↑2002, Bob Rothwell,. "First Editions 1946-1951". www.denniswheatley.info (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 20 April 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link) AS1-onderhoud: meer as een naam (link) CS1 maint: numeric names: authors list (link)
↑"Twilight" (in Engels). Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2015. Besoek op 21 April 2012.
↑"Reviews" (in Engels). Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 21 April 2012.
↑Dargis, Manohla (20 November 2008). "Twilight Review" (in Engels). New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2013. Besoek op 21 April 2012.
↑Lasalle, Mick (21 April 2011). "Water For Elephants Review" (in Engels). San Francisco Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2012. Besoek op 22 April 2012.
↑McCarthy, Todd. "Water For Elephants Review" (in Engels). Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 21 April 2012.
↑Newcomb, Peter (Maart 2011). "Hollywood's Top 40". Vanity Fair (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2014. Besoek op 15 Maart 2011.
Strand Buurtschap in Nederland Situering Provincie Friesland Gemeente Súdwest-Fryslân Coördinaten 53° 7′ NB, 5° 25′ OL Overig Postcode 8749 Woonplaats (BAG) Pingjum Belangrijke verkeersaders N31 Foto's Boerderij Vishorne in Strand Portaal Nederland Súdwest-Fryslân Strand (Fries: It Strân) is een buurtschap in de gemeente Súdwest-Fryslân, in de Nederlandse provincie Friesland. Strand ligt vrijwel direct naast de Waddenzee, tussen Zurich en Kimswerd aan de Str...
2003 studio album by Jethro Tull This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: The Jethro Tull Christmas Album – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (January 2022) (Learn how and when to remove this template message) The Jethro Tull Christmas AlbumStudio album (Christmas) by Jethro TullRele...
Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Bentuk asli dari nama pribadi ini adalah Mezey Mária. Artikel ini menggunakan rangkaian nama Barat. Mária MezeiLahir(1909-10-16)16 Oktober 1909Kecskemét, Austria-Hungaria (kini Hungaria)Meninggal20 April 1983(1983-04-20) (umur 73)Budapest, Hun...
Lionel Beauxis Datos personalesNacimiento Tarbes24 de octubre de 1985 (38 años)País FranciaNacionalidad(es) Altura 1,80 m (5′ 11″)Peso 86 kg (189 lb)Carrera deportivaDeporte RugbyClub profesionalDebut deportivo 2003(Section Paloise)Club Union Bordeaux BèglesLiga Top 14Posición AperturaSelección nacionalSelección FranciaPart. 20Trayectoria Section Paloise (2003-2006) Stade Français (2006-2011) Stade Toulousain (2011-2014) Union Bordeaux Bègles (20014-)[editar da...
In 2017 werd het 88ste Campeonato Acreano gespeeld voor voetclubs uit de Braziliaanse staat Acre. De competitie werd georganiseerd door de Federação de Futebol do Estado do Acre en werd gespeeld van 19 februari tot 13 mei. Atlético werd kampioen. Eerste toernooi Plaats Club Wed. W G V Saldo Ptn. 1. Rio Branco 7 5 2 0 22:8 17 2. Atlético 7 5 0 2 19:7 15 3. Plácido de Castro 7 4 1 2 17:14 13 4. Galvez 7 4 1 2 13:10 13 5. Humaitá 7 3 1 3 11:14 10 6. Vasco da Gama 7 3 0 4 11:12 9 7. Andirá...
1980 U.S. railroad deregulation bill Staggers Rail ActLong titleA bill to reform the economic regulation of railroads, and for other purposes.Enacted bythe 96th United States CongressEffectiveOctober 14, 1980CitationsPublic lawPub. L.Tooltip Public Law (United States) 96–448Legislative historyIntroduced in the Senate as Harley O. Staggers Rail Act of 1980 (S. 1946) by Howard Cannon (D-NV) on October 29, 1979Committee consideration by Senate Commerce, Science, and TransportationPas...
هذه المقالة هي جزء من مواضيعمنطقة جازان مقر الإمارةجازان تاريخ المنطقةالمخلاف السليمانيالإمارة الإدريسيةالدولة السعودية المحافظات صبيا صامطة أبو عريش أحد المسارحة بيش العارضة ضمد الدرب العيدابي الدائر الريث الحرث جزر فرسان الطوال هروب فيفاء الأودية وادي بيش وادي جازا...
1995 studio album by Quincy JonesQ's Jook JointStudio album by Quincy JonesReleasedNovember 7, 1995GenreR&BLength73:01LabelQwest, Warner Bros.ProducerQuincy Jones, Rod Temperton (Associate Producer)Quincy Jones chronology Back on the Block(1989) Q's Jook Joint(1995) From Q with Love(1999) Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllMusic[1]The Encyclopedia of Popular Music[2]Entertainment Weekly(favourable)[3]Los Angeles Times[4]Muzik[5]...
1900 U.S. legislation which established gold as the standard for the U.S. dollar Gold Standard ActLong titleAn Act to define and fix the standard of value, to maintain the parity of all forms of money issued or coined by the United States, to refund the public debt, and for other purposes.NicknamesGold Standard Act of 1900Enacted bythe 56th United States CongressEffectiveMarch 14, 1900CitationsPublic lawPub. L.Tooltip Public Law (United States) 56–41Statutes at Large31 Stat.&...
2015 Japanese anime series CharlottePromotional image featuring the main characters (from left to right): Yuu Otosaka, Jōjirō Takajō, Yusa Nishimori and Nao Tomori.Genre Comedy drama[1] supernatural[2] Created byJun Maeda MangaCharlotte The 4-koma: Seishun o Kakenukero!Written byJun MaedaIllustrated byHaruka KomowataPublished byASCII Media WorksMagazineDengeki G's ComicDemographicSeinenOriginal runMay 2015 – May 2017Volumes3 Anime television seriesDire...
Protokol Opsional Konvensi mengenai Penghapusan Segala Bentuk Diskriminasi terhadap WanitaDitandatangani6 Oktober 1999[1]LokasiNew York[1]Efektif22 Desember 2000[2]Syarat10 ratifikasi[3]Penanda tangan80[1]Pihak109[1]PenyimpanSekjen PBB[4]BahasaArab, Tionghoa, Inggris, Prancis, Rusia, dan Spanyol[5] Partai-partai negara dan penandatangan Protokol Opsional Konvensi mengenai Penghapusan Segala Bentuk Diskriminasi terhadap Wanita ...
Arrowverse crossover event ElseworldsArrowverse crossover eventPromotional posterPart 1: The FlashEpisode titleElseworlds, Part 1Episode no.Season 5 Episode 9Directed byKevin TancharoenWritten by Eric Wallace Sam Chalsen Production codeT27.13759Original air dateDecember 9, 2018 (2018-12-09)Episode chronology ← PreviousWhat's Past Is Prologue Next →The Flash & the Furious The Flash (season 5)List of The Flash episodes Part 2: ArrowEpisode titleElseworlds, Part ...
Italian economist (1519–1584) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Gasparo Scaruffi – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2015) (Learn how and when to remove this template message) Gasparo ScaruffiTitle page of L'Alitinonfo by Gasparo ScaruffiBorn17 May 1519Reggio Emilia, ItalyDi...
У этого термина существуют и другие значения, см. Греция (значения). Запрос «Эллада» перенаправляется сюда; см. также другие значения. Греческая Республикагреч. Ελληνική Δημοκρατία Флаг Герб Девиз: «Ἐλευθερία ἢ Θάνατος»«Свобода или смерть» Гимн: «Ύμνος εις την Ελευθερ...
George Berkeley George Berkeley (12 Maret 1685 – 14 Januari 1753) adalah seorang filsuf Irlandia yang juga menjabat sebagai uskup di Gereja Anglikan.[1] Bersama John Locke dan David Hume, ia tergolong sebagai filsuf empiris Inggris yang terkenal.[1] Ia dilahirkan pada tahun 1685 dan meninggal pada tahun 1753.[1] Berkeley mengembangkan suatu pandangan tentang pengenalan visual tentang jarak dan ruang.[1] Selain itu, ia juga mengembangkan sistem m...
Indian actor and filmmaker (1956–2023) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (March 2023) Satish KaushikKaushik in 2017BornSatish Chandra Kaushik(1956-04-13)13 April 1956Mahendragarh, Punjab, India(present-day Haryana)Died9 March 2023(2023-03-09) (aged 66)Gurgaon, Haryana, IndiaAlma mater Kirori Mal College, Delhi University N...