Robert Burns



Robert Burns

Skotse digter en lirikus


Handtekening


Literêre stroming
Romantiek


Beduidende werke


Auld Lang Syne

To a Mouse
A Man's A Man for A' That
Ae Fond Kiss
Scots Wha Hae
Tam o' Shanter
Halloween
The Battle of Sherramuir


Musea


Burns Cottage
Alloway, Suid-Ayrshire, Skotland

Robert Burns (* 25 Januarie 1759 in Alloway, Suid-Ayrshire, Skotland; † 21 Julie 1796 in Dumfries); ook bekend as Rabbie Burns, Skotland se gunstelingseun, die Ploughman Poet, Robden of Solway Firth, die Bard van Ayrshire en in Skotland dikwels kort The Bard genoem) was 'n Skotse digter en lirikus. Hy word deur vele as die nasionale digter van Skotland beskou en geniet wêreldwye verering.[1]

Burns is die bekendste van alle digters wat hul werke in die inheemse Germaanse taal van Skotland, Skots, geskryf het, alhoewel hy baie van sy digkuns ook in die sustertaal Engels geskep het, met 'n effense invloed van Skotse dialekte, om dit toeganklik te maak vir gehore buite Skotland. Standaardengels was ook die taal waarin hy reguit kritiek op politieke misstande gelewer het.

Hy word as een van die baanbrekers van die literêre Romantiese beweging beskou en was ná sy afsterwe 'n groot bron van inspirasie vir die grondleggers van liberalisme en sosialisme. Burns het daarnaas 'n kulturele ikoon van Skotland en die Skotse diaspora dwarsoor die wêreld geword. In die 19de en 20ste eeu is sy lewe en werk dikwels met groot ywer gevier sodat sy invloed op die Skotse literatuur ook dekades ná sy dood nog sterk was.

Naas sy eie komposisies het Burns ook volksliedere uit Skotland versamel waarvan hy baie bewerk het. Sy gedig Auld Lang Syne is getoonset en word dikwels op Hogmanay, die laaste dag van die jaar, gesing. 'n Ander lied, Scots Wha Hae, het oor 'n lang tydperk as nie-amptelike volkslied van Skotland gedien. Ander gedigte en liedere uit Burns se pen, wat internasionaal gewild is, sluit A Red, Red Rose; A Man's A Man for A' That; To a Louse; To A Mouse; The Battle of Sherramuir; Tam o' Shanter en Ae Fond Kiss in.

Lewe en werk

Burns is in 'n arm boeregesin in Ayrshire, 'n streek in die suidweste van Skotland gebore. Alhoewel hy reeds in sy kinderjare harde plaaswerk moes verrig, is al vroeg 'n liefde vir lees in hom gewek en het hy sy vrye tyd by die huis benut om boeke te lees. Kort voor lank het hy self begin om gedigte te skryf. Maar toe hy in 'n 'n boekwinkel op 'n poësieboek van die Skotse digter Robert Ferguson afgekom het, is sy oë geopen vir die estetiese aard waarop Skots as literêre taal gebruik kon word. Gedurende sy digterslewe het poësie in sowel Engels asook Skots uit sy pen gekom, maar dit was juis Skots waarin sy beste digkuns geskryf is.[2]

Die Burns-gesin in die Burns Cottage wat tans deel uitmaak van die Robert Burns Birthplace Museum in Alloway naby Ayr, Ayrshire
Robert Burns-venster in die wesfasade van St Giles’ Cathedral, Edinburg

Lier:Robert Burns-venster, St Giles-katedraal, Edinburg, Skotland.jpgNá die afsterwe van Robert se vader in 1784 het die gesin na 'n plaas in Mosgiel naby Mauchline verhuis. Hier het Robert liefdesverhoudings aangeknoop met verskeie meisies. Maar dit was Jean Armour op wie hy werklik verlief geraak het. Jean se vader was egter gekant teen die verhouding. Teen die middel van 1786 is Robert deur sy liefdesverwikkelinge byna genoodsaak om die plaas - en moontlik Skotland - te verlaat, terwyl 'n pos vir hom op die Karibiese eiland Jamaica gevind is. Net op dié tydstip is sy eerste gedigbundel met 34 gedigte gepubliseer. Die dun bundel was 'n groot sukses, en binne een maand was dit heeltemal uitverkoop.

Die literêre wêreld van Skotland was nou gretig om meer te wete te kom oor die jong digter, en so het Burns hom in Edinburg gevestig waar hy in die leidende sosiale kringe beweeg het wat sy teenwoordigheid geniet en daarvan gehou het om gesprekke met hom te voer. Twee jaar later kon Burns met Jean Armour trou en 'n nuwe plaas koop. Die boerdery was egter allesbehalwe winsgewend, en ondanks die gewildheid van sy digkuns was ook sy literêre werk geen noemenswaardige bron van inkomste nie. Eers nadat hy daarin geslaag het om in 'n regeringspos in Dumfries aangestel te word, kon hy 'n bestendige maandelikse inkomste verdien. Ondanks alle moeilikhede het Burns steeds voortgegaan met sy skryfwerk wat naas gedigte ook liedere ingesluit het.

Vroeg in 1796 het Burns se gesondheid begin verswak. Sy ontydige afsterwe op 21 Julie 1796 in die ouderdom van 37 jaar was nie te wyte aan drankverslaafdheid nie, soos soms beweer word, maar aan 'n reumatiese hartsiekte. Meer as tweehonderd jaar ná sy dood word Burns deur vele beskou as die grootste Skot van alle tye. Een jaar voor sy afsterwe het Burns teenoor sy vrou Jean opgemerk:

Ay, Jean, they'll think more of me a hundred years after this.[3]

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Ulster-Scots Community Network: Burns - The Ulster Connection. Belfast (sonder jaargetal): Ulster-Scots Community Network/Ulster Scots Agency, bl. 2
  3. Ulster-Scots Network: Burns, bl. 3

Eksterne skakels

Media

Read other articles:

Національна бібліотека Польщіпол. Biblioteka Narodowa[1] Головний корпус бібліотеки 52°12′50″ пн. ш. 21°00′11″ сх. д. / 52.21388889002777489° пн. ш. 21.00333333002777891° сх. д. / 52.21388889002777489; 21.00333333002777891Координати: 52°12′50″ пн. ш. 21°00′11″ сх. д. / 52.213888890027...

 

Луи Фейадфр. Louis Feuillade Имя при рождении Louis Feuillade Дата рождения 19 февраля 1873(1873-02-19) Место рождения ЛюнельФранция Дата смерти 26 февраля 1925(1925-02-26) (52 года) Место смерти Ницца Гражданство  Франция Профессия кинорежиссёр, сценарист Карьера 1905—1924 Направление Немо

 

Відстані між вікіпедіями Зміст 1 Теперішні змагання 2 Розділи, що було обігнано 3 Історія обгонів 4 Див. також Теперішні змагання Помісячна статистика розриву Української Вікіпедії з: В'єтнамською, Китайською, Шведською, Португальською та Японською Вікіпедіями Дата Стате...

John Ellis Información personalNombre de nacimiento Jonathan Richard EllisNacimiento 1 de julio de 1946 (77 años)Hampstead, LondresNacionalidad británicoEducaciónEducación doctorado Educado en King's College, CambridgeInformación profesionalOcupación Físico en el CERN y el King's College LondonÁrea FísicaConocido por Diagrama de pingüino, Acuñó el término teoría de todoEmpleador King's College de LondresOrganización Europea para la Investigación Nuclear Miembro de R...

 

Bellême Gemeente in Frankrijk Situering Regio Normandië Departement Orne (61) Arrondissement Mortagne-au-Perche Kanton Ceton Coördinaten 48° 22′ NB, 0° 34′ OL Algemeen Oppervlakte 1,71 km² Inwoners (1 januari 2020) 1.455[1] (851 inw./km²) Hoogte 162 - 230 m Overig Postcode 61130 INSEE-code 61038 Foto's Portaal    Frankrijk Bellême is een gemeente in het Franse departement Orne (regio Normandië) en telt 1774 inwoners (1999). De plaats maakt deel uit van h...

 

مسجد زيد بن حارثة إحداثيات 3°12′40″N 101°42′20″E / 3.2111388888889°N 101.70563888889°E / 3.2111388888889; 101.70563888889  معلومات عامة القرية أو المدينة كوالالمبور الدولة  ماليزيا تاريخ بدء البناء 1991 معلومات أخرى تعديل مصدري - تعديل   مسجد زيد بن حارثة أو سونغاي موليا (بالملايو: Masjid Jamek Sung...

Anatoli RomashinBornAnatoli Vladimirovich Romashin(1931-01-01)January 1, 1931Leningrad, Soviet UnionDiedAugust 8, 2000(2000-08-08) (aged 69)Pushkino, Pushkinsky District, Moscow Oblast, RussiaYears active1955–2000 Anatoli Vladimirovich Romashin (Russian: Анато́лий Влади́мирович Рома́шин; 1931–2000) was a Soviet and Russian film and theater actor, director. He won the USSR State Prize (1977) and was a People's Artist of the RSFSR (1982). Biog...

 

У прикладних науках нормативна наука є типом інформації, яка розроблена, представлена чи інтерпретована на основі припущеної, зазвичай невиявленої, переваги певного результату, політики чи класу політики чи результати.[1] Звичайна або традиційна наука не передбачає...

 

Halaman Utama Wikipedia bahasa Inggris pada 15 Agustus 2010, dipandang dengan monitor layar lebar Citra layar lebar adalah citra yang dicantumkan dalam sebuah set ratio aspek (lebar lebih panjang ketimbang tinggi) yang dipakai dalam layar film, televisi dan komputer. Dalam film, sebuah film layar lebar adalah citra film apapun dengan aspek lebar kali tinggi yang lebih besar ketimbang ratio aspek akademi standar 1.37:1 yang disediakan oleh film 35mm. Catatan Pranala luar Lihat informasi mengen...

December 1915 Greek legislative election ← May 1915 19 December [O.S. 6 December] 1915 1920 → All 335 seats in the Hellenic Parliament168 seats needed for a majority   First party Second party Third party   Leader Stefanos Skouloudis Georgios Theotokis Dimitrios Rallis Party Nationalists Theotokis supporters Rallis supporters Seats won 256 21 18 Prime Minister before election Stefanos Skouloudis Independent (politician) Prime Ministe...

 

Czech footballer Miroslav Gajdůšek Personal informationDate of birth (1951-09-20) 20 September 1951 (age 72)Place of birth Otrokovice, CzechoslovakiaPosition(s) StrikerYouth career0000–1969 Jiskra OtrokoviceSenior career*Years Team Apps (Gls)1969–1970 TJ Gottwaldov 1970–1981 Dukla Prague 1981–1984 TJ Vítkovice International career1971–1980 Czechoslovakia 48 (4) *Club domestic league appearances and goals Miroslav Gajdůšek (born 20 September 1951) is a former Czech football...

 

Nabil Fekir Fekir berlatih bersama Tim nasional sepak bola Prancis di Piala Dunia 2018Informasi pribadiNama lengkap Nabil FekirTanggal lahir 18 Juli 1993 (umur 30)Tempat lahir Lyon, PrancisTinggi 173 cm (68 in)Posisi bermain Gelandang serang / StrikerInformasi klubKlub saat ini Real BetisNomor 18Karier junior2000–2001 AC Villeurbanne2001–2003 Vaulx-en-Velin2003–2005 SC Caluire2005–2007 Lyon2007–2010 Vaulx-en-Velin2010–2011 Saint-Priest2011–2013 LyonKarier senior*T...

2017 film by Mohit Suri Half GirlfriendTheatrical release posterDirected byMohit SuriWritten byScreenplay:Tushar HiranandaniDialogues:Ishita MoitraStory byChetan BhagatBased onHalf Girlfriendby Chetan BhagatProduced byShobha KapoorEkta KapoorMohit SuriChetan BhagatStarringArjun KapoorShraddha KapoorCinematographyVishnu RaoEdited byDevendra MurdeshwarMusic byScore:Raju SinghSongs:MithoonTanishk BagchiRishi RichFarhan SaeedAmi MishraRahul MishraProductioncompanyALT EntertainmentDistributed by B...

 

Towers Financial CorporationTypeDebt collection agencyFoundedEarly 1970s in DelawareFounderSteven HoffenbergFateFiled for bankruptcy protection (March 1993)HeadquartersNew York City, United StatesKey peopleSteven Hoffenberg, Jeffrey Epstein, Mitchell Brater, and Michael Rosoff Towers Financial Corporation was a debt collection agency based in Manhattan in New York City.[1][2] Between 1988 and 1993, Towers Financial ran a Ponzi scheme that was the largest financial fraud in Ame...

 

Billy Lot Jones Informasi pribadiNama lengkap William Thomas JonesTanggal lahir (1882-06-28)28 Juni 1882 (pembaptisan)Tempat lahir Chirk, WalesTanggal meninggal 13 Juli 1941Tempat meninggal Chirk, WalesTinggi 5 ft 6 in (1,68 m)Posisi bermain penyerangKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)- Chirk AAA F.C. ?? - NEWI Cefn Druids A.F.C. ?? 1903–1919 Manchester City 281 (69)- Southend United ?? 1921 Aberdare Athletic F.C. 18 (0)1921 Wrexham F.C. 7 (2)- Oswestry Town F.C. ?? - Chirk ...

National governing body of cycle racing in Denmark Not to be confused with Danish Cyclists' Federation. The Danish Cycling Federation or DCU (in Danish: Danmarks Cykle Union) is the national governing body of cycle racing in Denmark. The DCU is a member of the UCI and the UEC. See also Cycling Embassy of Denmark Cycling in Denmark Cycling in Copenhagen Danish Cyclists Federation Outline of cycling External links Danish Cycling Federation official website vteNational members of the Union Cycli...

 

1974 song by George HarrisonIt Is 'He' (Jai Sri Krishna)Song by George Harrisonfrom the album Dark Horse Released9 December 1974GenreFolk rock, gospelLength4:50LabelAppleSongwriter(s)George HarrisonProducer(s)George Harrison It Is 'He' (Jai Sri Krishna) is a song by English musician George Harrison, released as the final track of his 1974 album Dark Horse. Harrison was inspired to write the song while in the Hindu holy city of Vrindavan, in northern India, with his friend Ravi Shankar. The co...

 

2016 Canadian filmThe Adventure ClubFilm posterDirected byGeoff AndersonWritten byRobin DunneFred EwanuickProduced byGlenn ParadisShayne PutzlocherSara ShaakMark MontagueStarringSam Ashe ArnoldJakob DaviesDalila BelaBilly ZaneCinematographyKen KrawczykEdited byTim ThurmeierMusic byTodd BryantonProductioncompanyTrilight EntertainmentDistributed byIndieCan EntertainmentRelease date October 8, 2016 (2016-10-08) Running time88 minutesCountryCanadaLanguageEnglish The Adventure Club ...

عبد الله العرادة معلومات شخصية اسم الولادة عبد الله متعب مسفر مرزوق العرادة الميلاد 1956 (العمر 66–67) الكويت الجنسية  الكويت الديانة مسلم الحياة العملية المدرسة الأم جامعة الكويت المهنة سياسي أعمال بارزة مدير مشروع غراس التربوي للعام 2005 تعديل مصدري - تعديل   عبد ال...

 

Mexicana Universal Baja California SurFormation1994 (as Nuestra Belleza Baja California Sur)2017 (as Mexicana Universal Baja California Sur)TypeBeauty PageantHeadquartersLa PazLocationMexicoLocal CoordinatorIgnacio Arévalo Mexicana Universal Baja California Sur is a pageant in Baja California Sur, Mexico, that selects that state's representative for the national Mexicana Universal pageant. The State Organization has produced one winner for Miss Universe in 2013 and two designated for Miss In...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!