In die eerste algemene verkiesing word die Regerende Party se A.I. Vincent onbestrede verkies. In 1915, toe hy as kandidaat van die Suid-Afrikaanse Party staan, verenig hy 1 740 stemme op hom vergeleke met die Nasionale Party kandidaat, J.F. Badenhorst, se 1 315, vir 'n meerderheid van 425. Vincent staan nie weer in 1920 se verkiesing nie, maar nou behaal die S.A.P. se J.F. van Wyk 'n meerderheid van net 44 stemme bo die N.P. se Badenhorst. In 1921 is dit egter die N.P. se A.L. Badenhorst (met 1 708 stemme) wat die eerste keer vir die party in Riversdal wen - met 'n meerderheid van net een stem teen die S.A.P. se J.J. Michau.
In 1924 is dit weer die S.A.P. se Van Wyk wat teen Badenhorst staan en nou met 223 stemme verloor. Badenhorst wen ook in 1929, toe hy 323 stemme meer as die S.A.P. se G.R. Hofmeyr op hom verenig. Badenhorst wen in 1933 die vierde keer in Riversdal toe hy 1 223 stemme meer as die onafhanklike E. Morrison kry. Badenhorst se meerderheid krimp in 1938 teen die Verenigde Party se A.L.D. van Wyk tot 1 069 stemme, maar dit was sy laaste verkiesing, wat hy sterf op 12 Januarie1942.
In die tussenverkiesing op 23 April1942 wen die latere minister P.K. le Roux Riversdal vir oulaas vir die Nasionale Party, want tydens die herafbakening met die oog op die 1943-verkiesing word Riversdal afgeskaf.