Hy is in Dublin, Ierland, gebore en kry sy opvoeding in Westminster en studeer in die regte aan Christ College, Universiteit van Oxford. Hy sluit op 22 November1798 by die Britse leër aan en doen diens in Nederland met die hertog van York voor hy na Suid-Amerika verplaas word in 1807 en deelneem aan die beleg en bestorming van Montevideo. Hy word in 1821 bevorder tot majoor-generaal. Ná die Skiereiland-oorlog in Portugal tree hy uit die leër en gaan woon op sy landgoed in Ierland, maar versoek uiteindelik om 'n amp in die Britse regering te kry om sy inkomste aan te vul. Hy word in die Kaapkolonie aangestel as luitenant-goewerneur vir die Oostelike Provinsie, maar neem ook waar as goewerneur vir die Oostelike sowel as die Westelike Provinsie.
In 1831 word hy aangestel om sir Ralph Darling as goewerneur van Nieu-Suid-Wallis op te volg. Hy beklee die amp tot 1837 en word in 1851 tot generaal bevorder. Hy sterf in 1855 naby Limerick, Ierland.