Die dorp het ontstaan as 'n Gereformeerde gemeente op die plaas Vlakfontein wat op 20 Augustus 1859 vir die doel aangekoop was vir ₤1 500. Die dorp is twee jaar later uitgelê en Reddersburg genoem - na die Heiland. In 1894 het die munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oorgeneem. Die plaaslike NG gemeente is eers in 1910 gestig.
Distrik
Die distrik is 1 500 km2 groot en skaapboerdery is die belangrikste. Die N6 nasionale pad gaan deur die dorp.