Ray Charles (1930–2004) was ’n blinde Amerikaansesanger, liedjieskrywer en pianis wat in die 1950’s en 1960’s gewild was. Sy bekendste liedjies sluit in "Georgia" (1960) en "I Can’t Stop Loving You" (1962). Hy het ’n groot invloed op soul-musiek gehad.[1]
Lewensloop
Ray Charles Robinson is op 23 September930 in Albany, Georgia in die Verenigde State van Amerika gebore en het in Greenville, Florida grootgeword. Toe hy ses was het hy begin blind word en op sewe kon hy glad nie meer sien nie.[2] Hy het nooit presies geweet wat dit veroorsaak het nie, hoewel sommige glo dat dit gloukoom was.[3] Hy het by die St Augustine Skool vir Dowes en Blindes in St Augustine, Florida skoolgegaan. Daar het hy verskeie musiekinstrumente leer speel en ook musiek begin skryf.
Sy pa sterf terwyl hy op skool was en sy ma is ook vyf jaar later oorlede. Charles is op 10 Junie2004 aan lewerversaking oorlede.
Diskografie
I Got a Woman (1954)
What'd I Say (1959)
Georgia on My Mind (1960)
Hit the Road Jack (1961)
One Mint Julep (1961)
Unchain My Heart (1961)
I Can't Stop Loving You (1962)
Filmografie
Swingin' Along (1961), as homself
Ballad in Blue (1965), as homself
The Big T.N.T. Show (1966) (dokumentêr)
[The Blues Brothers (1980), as Ray
Limit Up (1989), as Julius
Listen Up: The Lives of Quincy Jones (1990) (dokumentêr)
Love Affair (1994), as homself
Spy Hard (1996), as busbestuurder
The Extreme Adventures of Super Dave (2000), as homself
Blue's Big Musical Movie (2000), as die stem van G-Clef (sy laaste filmrol)
↑"Biography" (in Engels). The Ray Charles Memorial Library. 10 Junie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 29 Oktober 2011.