Pratt & Whitney R-2000 Twin Wasp

'n Bewaarde R-2000 Twin Wasp

Die Pratt & Whitney R-2000 Twin Wasp is 'n Amerikaanse lugverkoelde sterenjin wat in 1942 ontwikkel is om militêre vliegtuie aan te dryf. Dit is deel van die Pratt & Whitney Wasp reeks stervliegtuigenjins.

Ontwerp en Ontwikkeling

Die R-2000 was 'n vergrote weergawe van die Pratt & Whitney R-1830 Twin Wasp met die fokus op kostevermindering en goeie brandstofdoeltreffendheid. Die boor van die enjin is vergroot van 140 mm tot 146 mm terwyl dit sy 140 mm slag behou het. Die verplasing van die enjin was dus nou 32,8 L. Daar was egter 'n paar veranderinge aan die enjin, die magnetos was aan die voorkant geïnstalleer, normale laers vir die krukas eerder as rollaers en 87 oktaan brandstof is gebruik. Die rede vir laasgenoemde was dit daar 'n vrees was dat daar 'n tekort aan 100 oktaan brandstof gedurende die Tweede Wêreldoorlog kan wees, dit was egter ongegrond. Die R-2000 het 1 300 pk @ 2 700 opm verskaf, 1 350 pk met 100 oktaan en 1 450 pk @ 2 800 opm met 100/130-oktaan brandstof.

Gebruikers

Bronnelys

  • Gunston, Bill. World Encyclopedia of Aero Engines: From the Pioneers to the Present Day. 5th edition, Stroud, UK: Sutton, 2006.ISBN 0-7509-4479-X
  • White, Graham. Allied Aircraft Piston Engines of World War II: History and Development of Frontline Aircraft Piston Engines Produced by Great Britain and the United States During World War II. Warrendale, Pennsylvania: SAE International, 1995. ISBN 1-56091-655-9
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!