Pier Gerlofs Donia (Kimswerd, 1480 – Sneek, 28 Oktober1520) was 'n Friese vryheidsvegter, volksheld, piraat en rebel. Hy was 'n enorme man en daar is gesê dat hy heelwat langer as 7 voet hoog gestaan het. Donia was hoofsaaklik bekend as vryheidsvegter vir die onafhanklikheid van Friesland (deesdae 'n provinsie van Nederland). Vanweë sy legendariese grootte en krag het hy ook die bynaam "Grote Pier" (Wes-Fries: Grutte Pier) gekry. Alhoewel niemand sy bestaan betwyfel nie, is die details van sy lewe in legende gehul.
Verwysings
↑Pierius Winsemius. Chronycke ofte Historische Geschiedenis van Vrieslant', gepubliseer in 1622.