Peter Mokaba |
---|
Gebore | 7 Januarie 1959
|
---|
Sterf | 9 Junie 2002 (op 43)
|
---|
Bekend vir | sosiale aktivis, vegter vir die regte van swartes |
---|
Kinders | Nomzamo, Thandiwe en Siyabulela Mokaba |
---|
Ouer(s) | Albert Mogod en Priscilla Mapittsi |
---|
Peter Mokaba (gebore 7 Januarie 1959 naby Pietersburg, oorlede in Johannesburg op 9 Junie 2002) was 'n lid van die Suid-Afrikaanse parlement, onderminister in die regering van Nelson Mandela en president van die Suid-Afrikaanse regerende party se jeugbeweging, die ANC-Jeugliga. Die Polokwane-stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is na hom vernoem.
"dubulu iBhunu" - Kill the boer, kill the farmer- Die lied is eens deur Peter Mokaba in die vroeë 1990's gesing, maar is sedertdien deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie as haatspraak verklaar.