Daar is verskeie teleskope in die sterrewag, onder meer die Hale-teleskoop van 5,1 m en die Samuel Oschin-teleskoop van 1,2 m. Ander instrumente en projekte word ook daar gehuisves, soos die Palomar-proefbedinterferometer en die historiese Schmidt-teleskoop van 0,46 m, Palomar se eerste teleskoop wat van 1936 dateer.