Die PGE-minerale (ook: PGM) is dié groep van minerale wat platinumgroepelemente bevat en hierdie minerale is veral vir die mynbou van hierde seldsame en kosbare elemente uiters belangrik.
PGE-mineral kom dikwels saam met chromiet voor. Die rede hiervoor is nogtans onduidelik. Die chromietrooster kan dalk hierdie elemente by hoë temperature in klein konsentrasies oplos en as 'versamel'rooster optree en by afkoeling weer uitskei. [1]