New Haven het die eerste openbare boomplantingsprogram in Amerika uitgevoer, wat later 'n lowerbedekking van volgroeide bome sou vorm, wat sekere groot Elms insluit. Dit het aan New Haven die bynaam "Die Elmstad" besorg.[7]
Die stad is die tuiste van Yale-universiteit. Die universiteit maak 'n integrale deel uit van die stadsekonomie, deurdat dit onder meer New Haven se grootste belastingbetaler en werkgewer is,[8] soos uitgewys in die 2010 Stadsrede van die Burgemeester.[9] Mediese sorg (hospitale en biotegnologie), professionele dienste (geregtelik, argiteksbeplanning, bemarking en ingenieurswese), finansiële dienste en kleinhandel dra ook by om die bedryfsbasis van die stad te skep. Sedert die mid-1990's, het die stadskern ekstensiewe herlewing ondergaan.[10]
Verwysings
↑Volgens die V.S.A.-sensusramings tussen 2000 en 2009, was die bevolkings van New Haven en Hartford binne 511 persone van mekaar. In die Amerikaanse Gemeenskapsopname 2008, word New Haven egter aangedui as aansienlik groter (123 000 mense in New Haven teenoor 118 000 in Hartford). Aangesien sodanige verskille steeds potensieel binne die foutgrense van hierdie ramings val, sal die vasstelling van die "amptelik" groter stad deur die 2010-sensus bepaal moet word. In Oktober 2009 het die sensuslys van bevolkingsramings aangedui dat New Haven in die 2000 (mees onlangse) Desenniumsensus oor 'n groter bevolking beskik.