Ná die stigting van die eerste dogtergemeente van die NG gemeente Worcester op die dorp, naamlik Worcester-Oos in 1950, het die volgende plaaslike afstigting reeds in 1951 aan die beurt gekom. In November 1950 het die kerkraad van die moedergemeente besluit om die stigting van ’n nuwe gemeente aan die westekant van die dorp aan te beveel. Op die dorp sou Napierstraat die grens wees en die plaaswyke ten weste van Worcester sou binne die nuwe gemeente val. Die nodige stappe vir afstigting is gedien.
Op 3 September1951 het die ringskommissie die stigting van die nuwe gemeente met die naam Worcester-Vallei amptelik aangekondig. Ongelukkig het enkele gesinne beswaargemaak en selfs die kerk verlaat. Ds. N.E. Nel van die moedergemeente was die konsulent van die nuwe gemeente en het daarin geslaag om die meeste ontevredenes tot beter insigte te bring. Die stadsraad het die jong gemeente gehelp deur grond baie billik beskikbaar te stel.
Nadat die tweede beroep geslaag het, kon die gemeente op 14 Maart1952 hul eerste leraar in die persoon van ds. D.C.G. Fourie verwelkom. Hy het die hoeksteen van die kerkgebou op 6 Februarie1954 gelê.
Enkele predikante
Dirk Cornelis Grobler Fourie, 1952 – 1957
Johannes Marthinus Nicolaas Breedt, 1957 – 1962
Worcester se NG gemeentes
Die syfers onder elke jaartal dui op die getal belydende lidmate wat in daardie jaar in die NG Kerk se Jaarboek weergegee word; dié syfer word gewoonlik 'n jaar of twee voor die tyd ingestuur na die samestellers van die Jaarboek. In sommige gevalle is dit reeds enkele jare oud wanneer dit verskyn.
Gemeente
1960
1973
1979
1985
1990
1995
2000
2005
2010
2015
2016
Worcester
2 595
2 791
2 758
2 087
2 041
1 952
1 514
1 461
1 484
945
919
Worcester-Audenberg
–
–
600
977
1 064
1 045
1 194
1 095
1 182
1 055
1 055
Worcester-Brandwag
–
–
–
571
670
688
815
829
839
755
755
Worcester-De la Bat
–
–
–
–
101
114
115
134
198
252
252
Worcester-Noord
1 559
1 224
1 487
1 550
1 688
1 648
1 570
1 535
1 535
1 429
1 429
Worcester-Oos
1 080
903
797
895
888
860
807
869
860
742
712
Worcester-Vallei
880
2 097
1 285
1 218
1 281
1 147
1 236
1 074
1 214
1 141
1 141
Totaal
6 114
7 015
6 927
7 267
7 733
7 454
7 251
6 997
7 312
6 319
6 263
Bron
Heese, dr. J.A. 1970. Nederduitse Gereformeerde Kerk Worcester Gedenkboek, 1821–1971. Worcester: NG kerk.
Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!