Tsvangirai is op 14 Februarie 2018 in Johannesburg oorlede aan kolorektale kanker.[2]
2008-verkiesings
Tsvangirai het by Zimbabwe se verkiesing op 29 Maart 2008 waarskynlik die absolute meerderheid van die stemme gekry, maar nadat die regeringsparty en Robert Mugabe nie daarmee tevrede was nie word alle stemme oorgetel. Die tweede rondte van die verkiesing word op 27 Junie gehou, maar Tsvangirai onttrek homself noodgedwonge as kandidaat voor die verkiesing, weens vrees vir sy eie lewe en dié van sy ondersteuners.
Op 12 September 2008 word gerapporteer dat Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai 'n magsdelingsooreenkoms geteken het.[3]