Die Mercedes F1 W07 Hybrid is die Formule Een renmotors van die Mercedes AMG Petronas F1-span vir die Formule Eenwêreldkampioenskap in 2016. Dit is die agtste Mercedes Formule Eenmotor.
Onthulling
Die F1 W07 Hybrid is op 19 Februarie 2016 amptelik vrygestel op die Silverstone-renbaan tydens 'n promosie-geleentheid, waartydens beide bestuurders 'n paar rondtes met die motor gery het. Amptelik is die motor op 21 Februarie onthul met die plasing van foto's op die internet[1] en die volgende dag is daar ook 'n amptelike tentoonstelling gehou by die Barcelona-Catalunya-renbaan, vlak voor die begin van die wintertoetse.
Die renmotor word, net soos die vorige drie seisoene, geloods deur die huidige wêreldkampioen Lewis Hamilton en verlede jaar se tweede geplaasde Nico Rosberg.
Die F1 W07 Hybrid word aangedryf deur 'n Mercedes-Benz PU106C Hybrid, 'n 1,6 liter-V6-enjin met 'n turboaanjaer.
Verwysings