Max Reger

Johann Baptist Joseph Maximilian Reger (19 Maart 1873 – 11 Mei 1916), algemeen bekend as Max Reger, was 'n Duitse komponis, pianis, orrelis, dirigent en pedagoog. Hy het gewerk as 'n konsertpianis, as musikale direkteur by die Leipzig Universiteitskerk, en ook as 'n professor by die Koninklike Konservatorium in Leipzig, en laastens as musiekdirekteur aan die hof van Hertog Georg II van Sakse-Meiningen.

Reger het in die begin meestal liedere, kamermusiek, koormusiek en werke vir klavier en orrel gekomponeer. Hy het hom later gewend na orkestrale komposisies, soos die populêre Variasies en Fuga op 'n Tema van Mozart, en aan werke vir koor en orkes soos die Gesang der Verklärten (1903), Der 100. Psalm (1909), Der Einsiedler en die Hebbel Mis (beide 1915).[1]

Verwysings

  1. Artikel vertaal uit die Engelse "Max Reger" Wikipedia artikel

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!