Masjonaland beslaan die sentrale en noordoostelike dele van Zimbabwe en bestaan uit die provinsies Masjonaland-Wes, Masjonaland-Sentraal, Masjonaland-Oos en Harare, wat vir administrasiedoeleindes 'n afsonderlike provinsie is. Dit is ook die deel van die land waar die Sjona woon.