'n Landbrug, in biogeografie, is 'n landengte of wyer landverbinding tussen anders afsonderlike gebiede, waaroor diere en plante in staat is om oor te steek en nuwe lande te koloniseer. 'n Landbrug kan geskep word deur mariene regressie, waarin seevlakke val en vlak dele ontbloot, wat voorheen onder die water was. 'n Landbrug kan ook gevorm word wanneer nuwe land geskep word deur plaattektoniek of soms wanneer die seebodem styg as gevolg van post-glasiale herstel ná 'n ystydperk.
Skeppingsleerders glo byvoorbeeld dat diere ander kontinente kon bereik dmv landbrue na die sondvloed.[1]