Rania
|
Koningin Rania in Mei 2018.
|
Tydperk
|
7 Februarie 1999 - tans
|
Geboortenaam
|
Rania al-Jassin
|
Gebore
|
31 Augustus 1970 (1970-08-31) (54 jaar oud) Koeweitstad, Koeweit
|
Gade
|
Abdoellah II van Jordanië
|
Volle naam
|
Rania al-Abdoellah
|
Vader
|
Faisal Sedki al-Jassin
|
Moeder
|
Ilham Jassin
|
Godsdiens
|
Islam
|
Handtekening
|
|
Rania al-Abdoellah (Arabies: رانيا العبد الله, Rāniyā al-ʻAbd Allāh; gebore as Rania al-Jassin op 31 Augustus 1970) is die koningingemaal van Jordanië.
Lewe
Sy is in Koeweit gebore in ’n Palestynse familie. Sy het ’n graad in besigheidsadministrasie aan die Amerikaanse Universiteit in Kaïro verower en daarna vir ’n rukkie by Citibank gewerk. Sy het toe na Jordanië getrek, waar sy vir Apple Inc. in Amman gewerk[1] en die destydse prins Abdoellah ontmoet het.
Sedert sy in 1993 getroud is met die prins, wat nou die koning van Jordanië is, het sy bekend geword vir haar voorspraak vir opvoeding, gesondheid, gemeenskapsbemagtiging, die jeug, interkulturele dialoog en mikrofinansiering. Sy is ook baie bedrywig op die sosiale media soos Facebook, YouTube, Instagram en Twitter. Sy en Abdoellah het twee seuns en twee dogters, onder andere kroonprins Hoessein.
Rania het al verskeie dekorasies van regerings ontvang.
Verwysings
Eksterne skakels