Die Koning Fahd Internasionale Stadion (Arabies: ستاد الملك فهد الدولي) is 'n veeldoelige stadion in Riaad, Saoedi-Arabië, genoem ná koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit word meestal vir sokkerwedstryde ingespan, maar beskik ook oor 'n atletiekbaan. Die stadion is in 1987 gebou en kan 68 752 mense akkommodeer. Die stadion het die grootste stadiondak ter wêreld. Hier is onder ander die Koning Fahd-beker in 1992, Koning Fahd-beker in 1995 en die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 aangebied.
Wedstryde
Koning Fahd-beker in 1992
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Koning Fahd-beker in 1992.
Koning Fahd-beker in 1995
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Koning Fahd-beker in 1995.
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997.
Eksterne skakels