Kolewa

'n Kolewa is 'n spesiale treinwa wat deur 'n stoomlokomotief getrek word om dit van brandstof (hout, steenkool of olie) en water te voorsien. Stoomlokomotiewe verbruik groot hoeveelhede water in vergelyking met die hoeveelheid brandstof verbruik, dus is kolewaens nodig om stoomlokomotiewe aan die gang te hou oor lang afstande. 'n Lokomotief wat 'n kolewa trek word 'n tenderlokomotief genoem. Lokomotiewe wat nie kolewaens het nie, en al hul brandstof en water aan boord van die lokomotief self dra, word tenklokomotiewe genoem.

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!