Hy ontmoet Johanna Jacoba Christina (Joey) Louw in Potchefstroom. Sy was in die konsentrasiekamp by Klerksdorp en slegs veertien jaar oud aan die einde van die oorlog. Hulle is eers in 1921 getroud.
Maratonloopbaan
McArthur wen sy eerste maraton oor 57 km tussen Klerksdorp en Potchefstroom in 1904. Hy neem ook aan veldwedlope deel en onder meer die Johannesburg-Krugersdorp wedloop, die Wanderers-maraton, die Suid-Afrikaanse maraton in 1908 en ook die Argus-maraton in 1910. Hy het al hierdie maratons gewen.
Bron
Van polisieman tot kampioen, Beeld, 12 Julie 2012.