John Smit
|
|
|
|
Smit in 'n Springboktrui
|
Volle naam
|
John William Smit
|
Geboortedatum
|
3 April 1978
|
Geboorteplek
|
Pietersburg, Suid-Afrika
|
Lengte
|
1,88 m
|
Massa
|
117 kg
|
Skool
|
Pretoria Boys High School
|
Universiteit
|
Universiteit van Natal
|
Eggenote
|
Roxy
|
Kinders
|
Dogter: Emma-Joan, Seun: Tyron
|
Beroep
|
Professionele Rugbyspeler
|
Rugbyloopbaan
|
Loopbaan as speler
|
Posisie(s)
|
Haker Stut
|
Springbokno.
|
691
|
Professionele / senior klubs
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
2007–2008 2011-huidig
|
Clermont Saracens
|
19 5
|
(5) (5)
|
korrek soos op 24 Junie 2012.
|
Provinsiale- / Staatspanne
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
1998–2011
|
Natal
|
|
|
korrek soos op 24 Junie 2012.
|
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
1998–2011
|
Sharks
|
125
|
(40)
|
|
|
korrek soos op 24 Junie 2012.
|
Nasionale span(ne)
|
Jare
|
Land
|
Weds
|
(pte)
|
2000–2011
|
Suid-Afrika
|
111
|
(40)
|
korrek soos op 24 Junie 2012.
|
John William Smit (gebore 3 April 1978 in Pietersburg, Suid-Afrika) was die 51ste kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke. Hy het meestal op haker en soms op stut gespeel. John Smit het in drie wêreldbekers gespeel, in 2003, 2007 en 2011.
Vroeë jare
John is die derde van drie seuns, sy broers is Brian en David, en sy pa is Basil en ma Valeria Ann Wetheral – nooi Graham. Sy ma was 'n onderwyseres. Sy pa was 'n meganiese ingenieur en het by verskeie myne in die ou Transvaal gewerk met die gevolg dat sy familie in verskeie dorpe gewoon het, onder andere: Mooinooi, Naboomspruit, Penge, Potgietersrus en Rustenburg.
Smit was 'n leerder aan Pretoria Boys High School, waar hy hoofseun was in 1996 en vir die eerste span rugby gespeel het in 1994 tot 1996. Hy is vir Noord-Transvaal se Cravenweekspan gekies in 1995 en 1996, en in 1996 is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse Skolespan. Na die Cravenweek teken hy 'n kontrak met die Natal Sharks om vanaf 1997 vir hulle te speel.[1]
Provinsiale dae
In 1997 speel hy vir die Natal o/19, Natal o/21 (toer na Wallis), SA o/19 (toer na Argentinië), SA o/21-span en Natal Wildebeeste. Hy maak ook sy provinsiale buiging vir die seniorspan met twee Curriebeker-wedstryde en speel ook teen die Britse Leeus.
Internasionale Rugbyloopbaan
Smit het sy eerste Springbokwedstryd in 2000 op 22-jarige ouderdom gespeel toe Suid-Afrika Kanada met 51-18 op die Basil Kenyon-stadion in Oos-Londen geklop het. Hy was gereeld op die reserwebank tot 2004 toe hy deur die nuwe afrigter Jake White as kaptein aangestel is.
Teen die einde van 2005 was Smit een van die suksesvolste kapteins wat Suid-Afrika nog ooit gehad het met 18 uit 26 Springbokoorwinnings, 'n wenpersentasie van 69%.[2] Dit maak hom net so suksesvol soos die groot Suid-Afrikaanse kapteins Gary Teichmann en Francois Pienaar.
Met die aanloop tot die 2007 Rugby Wêreldbeker is hy verbonde aan die Franse klub Clermont.[3] Hy het uiteindelik 'n tweejaarkontrak met Clermont geteken wat na die Wêreldbeker in werking getree het.[4]
John het uit internasionale rugby getree na afloop van die Rugbywêreldbeker 2011, met 'n rekord 111 toetse waarin hy die Springbokke 'n rekord 83 keer aangevoer het. Sedertdien het Victor Matfield hom verbygesteek deur die meeste toetse te speel, nl. 127.
Notas en verwysings
Eksterne skakels
Springbokspanne gehaal |
---|
|
Springbokke 2000–2005 |
Springbokke 2006 |
|
|
|