Die Japannese Argipel (日本列島,Nihon Rettō?), wat die eilandnasieJapan vorm, strek van noord tot suid langs die ooskus van Asië, met die Stille Oseaan aan die ooste en die See van Japan in die weste. Die term Tuiseilande is teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebruik om die gebied van Japan te definieer waartoe die land se soewereiniteit en grondwetlike heerskappy van die Keiser beperk sou word. Die term word ook vandag gebruik om 'n onderskeid te tref tussen die argipel en Japan se kolonies en ander gebiede in die eerste helfte van die 20ste eeu.
Die argipel bestaan uit meer as 3 000 eilande, insluitend die vier hoofeilande. Die Japannese Argipel se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel. Saam met Foedji vorm die Japannese Alpe die belangrikste gebergtes van die Japannese Argipel.
Die Koerile-eilande is 'n reeks vulkaniese eilande onder Russiese beheer wat vir ongeveer 1 300 km noordoos van Hokkaido, Japan, strek tot by die Kamtsjatka-skiereiland, Rusland, wat die See van Ochotsk van die Noordelike Stille Oseaan skei. Daar is altesaam 56 eilande en baie rotse. Japan maak aanspraak op die suidelikste Koerile-eilande wat ná die Tweede Wêreldoorlog deur Sowjetmagte beset is. Japan verwys na die eilande as die Noordelike Streke (北方領土 Hoppō Ryōdo) of Suidelike Chishima (南千島 Minami Chishima). Die eilande wat die onderwerp van die gebiedsgeskil is: