Jan Volschenk

Mistige oggend in die Langeberg (1916)
Widdringtonia nodiflora, Heather (1918)
Aandgloei: Die Langeberge by Riversdale (Mozambiquerskop) (1927)
Langs die Langeberg naby Garciapas (1935)

Jan Ernst Abraham Volschenk (gebore Riversdal-distrik, 20 Augustus 1853 – oorlede Riversdal, 22 Januarie 1936) was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns gewy het. Die onderwerpe van sy skilderye kom byna almal uit die Riversdal-omgewing in die tydperk vanaf 1870.

Kinderjare

Volschenk is op die plaas Melkhoutkraal gebore. As jong seun was hy reeds vroeg by die boerdery as skaapwagter betrokke. Plaasskole het daardie jare daar nog nie bestaan nie en sy onderrig het bestaan uit Bybelonderrig en basiese lees-, skryf- en rekenvaardigheid. Met sy tekeninge in die sand en op klippe van die omringende berge en die plaaslike plante openbaar hy 'n besondere tekenaanleg. Dit herinner aan Giotto, wat in die 13de eeu in Italië ook tekeninge op klippe en op die grond gemaak het. Dit het veral die aandag getrek van landmeter James Reitz op sy besoek aan die plaas. Met die gevolg dat Volschenk op 13-jarige ouderdom ingeskryf word as leerling aan die pasgestigte Hoër Seunskool op Riversdal. Na sy skoolloopbaan tree Volschenk as boekhouer in diens van prokureur Gysbert Reitz, broer van die landmeter, by die firma Reitz en Versfeld op Riversdal.

Opleiding

In sy vrye tyd lees Volschenk wyd oor die skilderkuns, bekyk skilderye en eksperimenteer met die penseel. 'n Sesmaande-lange reis in 1893 bring hom in verskeie Europese lande. Hy besoek talryke kunsgalerye en bekyk hul kunsskatte. Met die oog op moontlike hoëvlakonderrig spreek hy 'n Belgiese meester. Daar kry hy die onverwagte advies om voort te gaan op sy reeds ingeslane weg en om nie formele opleiding te ondergaan nie. Volschenk se enigste werklike kunsonderrig was dus die kunslesse wat hy as leerling volgens die normale skoolleerplan ontvang het.

Styl, kleur, tegniek, onderwerpe

Omdat Volschenk homself in die skilderkuns onderrig het, kan hy moeilik by 'n groep skilders met 'n bepaalde styl ingedeel word. Na sy uitgebreide Europese besoek het sy gebruik van kleur merkbaar verander. Voorheen was dit baie donkerder en na sy besigtiging van skilderye van die Impressioniste was daar 'n bepaalde invloed deur die groep in sy werk merkbaar. Sy latere skilderye was ligter van kleur met flou pienk, oranje, blou, grys en pers. Tipiese kleure van sy omgewing wat hy gebruik, is die mistige blou, silweragtige grys en rosige vlaktes. Verder gebruik hy donker rooi en pers tinte en lig op die berghellings. Kenners bespeur 'n ooreekoms tussen sommige van Volschenk se werke en Duitse kunstenaars van sy tyd. Volschenk het die natuur so getrou as moontlik op die doek probeer vasvang. Sy tegniek was eenvoudig. Veral opvallend was sy smal verfhale. Sy onderwerpe was meesal uit sy omgewing: Langeberg, Riversdal, Boland, Klein Karoo, 'n lae oggendson, see, aalwyne, pienk heide, wolke. Sy nalatenskap lê veral in sy uitbeelding van die landskap van die Suid-Kaap.

Professionele loopbaan

Die jaar 1879 kan beskou word as die begin van Volschenk se professionele loopbaan as landskapskilder. Toe neem hy vir die eerste maal en slegs met 4 skilderye deel aan 'n uitstalling in Kaapstad. Sy bekendheid het van toe af stadig toegeneem en kunskopers het by hom aan huis gekom om skilderye te koop. In 1904 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat hom voltyds aan die skilderkuns wy. Sedert 1914 raak sy werke landswyd gewild, veral ook deur die bemarking deur die firma Lezard. Sy werke het belangstelling en 'n liefde vir skilderkuns by die Suid-Afrikaanse publiek gewek. Gevolglik word hy in 1931 verkies tot erelid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Karakter, belangstellings

Volschenk was 'n beskeie, beminlike en verdraagsame persoon. Daarby was hy oplettend en noukeurig. Die karaktertrek lei daartoe dat hy 'n versameling van 4 000 verskillende kewersoorte opgebou het. Dit het soveel buitelandse belangstelling gewek dat hy moes kies tussen 'n loopbaan as kunsskilder of insektekundige. Ook die heraldiek het sodanig sy belangstelling geprikkel dat hy as 'n kenner beskou is. Houtwerk, houtsnywerk en tuinmaak was sy stokperdjies. Vir jare lank was hy ere-sekretaris van die skoolkomitee van die plaaslike Hoër Meisieskool. Die Volschenk-gesin was betrokke by hul gemeenskap en by feestelike geleenthede het Volschenk die leiding geneem in dorpsverfraaiing.

Volschenk-gesin

Die 44-jarige Volschenk trou in 1898 met Helen(a) Smalberger, 'n meisie van die plaas De Draai net buite Riversdal. Uit die huwelik is nege dogters gebore wat almal 'n kunstalent geopenbaar het. In die gees van die tyd was die Volschenk-gesin se huistaal oorwegend Engels.

Vera Volschenk en Elaine Hayward

Volschenk se oudste dogter Vera is op 11 Mei 1899 te Riversdal gebore. Ook sy het 'n bekende skilder geword met 'n styl wat verrassend veel met die van haar vader ooreenkom. Sy skilder ook dieselfde onderwerpe. Vera het haar opleiding in Grahamstad ontvang en is daarna dosent aan die destydse onderwyserskollege op Oudtshoorn. Na haar egskeiding vestig sy haar op Stilbaai en hou gereeld uitstallings. Haar dogter Elaine Hayward (later bekend as Helene Volschenk Hayward en na haar troue as Helene Volschenk Gerrand) het haar moeder en oupa se kunstalent geërf. Sy leer die fynere tegniek van die skilderkuns by 'n kunsskool in Londen. Vera Volschenk sterf op 20 April 1987 en haar dogter Elaine (gebore 1924) enkele dae laterop 26 April 1987 naby Graaff-Reinet terwyl sy op pad terug was van haar ma se begrafnis.

Volschenk se bekendste werke

  1. Plaashuisie, distrik Riversdal (1912);
  2. Berg, Riversdal (1915);
  3. Gemengde plantegroei om die voet van die Langeberge (1932);
  4. Bergpad, Riversdal (1932);
  5. Mosbegroeide rotse, Riversdal (1934);
  6. Oggendgloor op die Drakensteinberge, Daljosafat (1935);
  7. Dagbreek in die Karoo;
  8. Groot Drakensteinberge;
  9. Sonderendrivier;
  10. 'n Appelkoosboord op Wellington;
  11. 'n Stellenbosse wyngaard op die plaas Bon Foi;
  12. Aalwyne;
  13. Berge en aalwyne;
  14. Skape;
  15. Aandgloor (1927);
  16. Seetoneel;
  17. Bergsipresse (1918);
  18. Huis op die heuwel;
  19. Bainskloof

Volschenk leef voort

Jan Volschenk leef nie net voort in sy werke wat landswyd in verskeie kunsgalerye vertoon word nie. Laerskool Volschenk en Volschenkstraat, beide op Riversdal, dra sy naam. In 1978 het die poskantoor 4 posseëls uitgegee met skilderye van Volschenk. Op die eerstedagkoevert wat saamgegaan het met hierdie posseëls is ook 'n foto van die skilder. Volschenk lê begrawe in die begraafplaas aan die suidekant van die nasionale pad N2 wat deur Riversdal gaan.

Bibliografie

  • Roux, Marie-Lou: Joan Volschenk 1904-2006. In Die Burger, 18 Februarie 2006.
  • Swart, M.J., e.a.: Afrikaanse Kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, 1980 ISBN 0-620-04543-4
  • Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel 2. ISBN 0-624-00368-X
  • Hattingh, A.S.J.: Kunswaardering. Pretoria: Voortrekkerpers, 1965
  • van Wyk, F.H.: Riversdal 150 jaar - 1838-1988. ISBN 0-620-12490-3
  • Steyn, Helène: Vera Volschenk. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 3, Julie 1982
  • Steyn, H. & M-L Roux: Die Volschenks – drie geslagte kunstenaars. Kaapstad: Stilbaai-bewaringstrust, 1992 ISBN 0-620-16399-2
  • KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2900-2904,  ISBN 0 7981 0836 3

Read other articles:

Fashion accessory held for smoking Cigarette holderTypeFashion accessoryMaterialSilver, jade, or plastic Cleo Trumbo, wife of novelist Dalton Trumbo, smokes with a holder during House Un-American Activities Committee hearings in 1947 A cigarette holder is a fashion accessory, a slender tube in which a cigarette is held for smoking. Most frequently made of silver, jade or bakelite (popular in the past but now wholly replaced by modern plastics), cigarette holders were considered an essential p...

 

Prime Minister of the Republic of the Sudanرئيس وزراء جمهورية السودان (Arabic)Flag of SudanIncumbentOsman HusseinActing since 19 January 2022Executive branch of the Sudanese GovernmentResidenceKhartoumAppointerTransitional Sovereignty CouncilFormation1 January 1956First holderIsmail al-Azhari Politics of Sudan Member State of the Arab League Constitution 4 August 2019 Draft Constitutional Declaration Executive Presidency Transitional Sovereignty Council C...

 

American army officer and mathematician This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: William Wallace Smith Bliss – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2013) (Learn how and when to remove this template message) William Wallace Smith BlissDaguerreotype by unknown photographer, circa 1848Pr...

1999 compilation album by DJ TiëstoIn Search of SunriseCompilation album by DJ TiëstoReleased22 November 1999 (Netherlands)Recorded1999GenreTranceLength71:42LabelSongBirdIn Search of Sunrise chronology In Search of Sunrise(1999) In Search of Sunrise 2(2000) DJ Tiësto chronology Magik Four: A New Adventure(1999) In Search of Sunrise(1999) Magik Five: Heaven Beyond(2000) Singles from In Search of Sunrise Far from Over / Cryptomnesia / Soft LightReleased: December 1999 Professional ra...

 

Medical conditionSeparated shoulderOther namesAcromioclavicular joint injury, acromioclavicular separation, AC joint separation, AC separationAn Xray showing a separated shoulder. Notice the separation between the end of the collarbone and the scapula.SpecialtyOrthopedics, emergency medicineSymptomsPain, deformity, decreased range of motion[1][2]TypesType I, II, III, IV, V, VI[2]CausesTrauma such as a fall[2]Risk factorsContact sports[3]Diagnostic metho...

 

Commander of Strategic CommandInsignia of the British Armed ForcesIncumbentGeneral James Hockenhullsince May 2022Ministry of Defence Strategic CommandTypeFour Star OfficerStatusChief of Joint ForcesMember ofDefence CouncilChiefs of Staff CommitteeReports toChief of the Defence StaffNominatorSecretary of State for DefenceAppointerPrime MinisterSubject to formal approval by the King-in-CouncilFormationApril 2012 (As Commander, Joint Forces Command) December 2019 (as Commander, Strategic Co...

Giovanni Battista de ToniBornJanuary 2, 1864Venice, ItalyDiedJuly 31, 1924Modena, ItalyAlma materUniversity of PaduaKnown forScientific works on the taxonomy of plants, algae and fungiScientific careerFieldsMycology, botany, phycology, taxonomyInstitutionsUniversity of Camerino, University of Modena and Reggio Emilia Giovanni Battista de Toni (2 January 1864, Venice – 31 July 1924, Modena) was an Italian botanist, mycologist and phycologist. In 1885 he graduated from the Unive...

 

Третій у п'ятому ряду Жанр драмаРежисер Сергій ОлійникСценарист Катерина МарковаУ головних ролях Алла ПокровськаОлександр ПроданОператор Валерій БашкатовКомпозитор Євген ДогаХудожник Петро МаксименкоКінокомпанія Кіностудія ім. О. ДовженкаКраїна  СРСРРік 1984IMDb ID...

 

Aek KuoKecamatanPeta lokasi Kecamatan Aek KuoNegara IndonesiaProvinsiSumatera UtaraKabupatenLabuhanbatu UtaraPemerintahan • Camat,Diapari,SE.Populasi • Total26,080 jiwa (2.001) jiwaKode Kemendagri12.23.04 Kode BPS1223030 Luas250,20 km²Desa/kelurahan6/2 Aek Kuo adalah sebuah kecamatan di Kabupaten Labuhanbatu Utara, Sumatera Utara, Indonesia. lbsKecamatan Aek Kuo, Kabupaten Labuhanbatu Utara, Sumatera UtaraDesa Aek Korsik Bandar Selamat Perkebunan Padang Halaban P...

شركةمعلومات عامةصنف فرعي من منظمةشخص اعتباري يدرس بواسطة اقتصاددراسات الأعمالعلم التفاعل ممثلة بـ corporate personhood (en) نظام تصنيف حوسبة رابطة مكائن الحوسبة (2012) 10011152 مُعرِّف مَكنَز المعهد القومي للسرطان (NCI) C54131 لديه جزء أو أجزاء قسم تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات جُزء من...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Caught 1996 film – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2019) (Learn how and when to remove this template message) 1996 American filmCaughtTheatrical release posterDirected byRobert M. YoungWritten byEdward PomerantzProduced byRichard BrickSt...

 

شعار المسلسل المكتب هو مسلسل أمريكي من نوع كوميديا المواقف أنتجته هيئة الإذاعة الوطنية. صنع المسلسل غريغ دانيلز ويعد اقتباسًا من مسلسل بريطاني بنفس الاسم، وهو وثائقي هزلي يحكي الحياة اليومية لموظفي شركة داندر ميفلين - شركة خيالية لتوزيع الورق - بفرع مدينة سكرانتون بولاية ...

American animated television series As Told by GingerGenreAnimatedComedy dramaTeen[1]Created byEmily Kapnek[2]Developed by Kate Boutilier Eryk Casemiro Directed byMark RisleyStarring Melissa Disney Kenny Blank Jeannie Elias Liz Georges Jackie Harris Aspen Miller Tress MacNeille Cree Summer Laraine Newman Kath Soucie Sandy Fox Emily Kapnek Adam Wylie Opening themeI'm in Between performed by Macy Gray[3]Written by Jared Faber and Emily KapnekComposerJared FaberCountry of...

 

Adobe eLearning SuitePengembangAdobe SystemsRilis stabilv6.0 / Juli 18,2012 Sistem operasiWindows, Mac OS XSitus webAdobe eLearning Suite Adobe eLearning Suite adalah kumpulan aplikasi yang dibuat oleh Adobe Systems untuk profesional belajar, desainer instruksional, manajer pelatihan, pengembang konten, dan pendidik. Suite ini memungkinkan pengguna untuk penulis, mengelola, dan mempublikasikan informasi instruksional interaktif tersebut termasuk screencast demonstrasi, simulasi, dan konten in...

 

У этого термина существуют и другие значения, см. Моды (значения). Моды Возникновение 1950-е Годы расцвета 1960-е Распространение Англия, Британия Родственные Теды Мо́ды (англ. Mods от Modernism, Modism) — британская молодёжная субкультура (неформалы), сформировавшаяся в конце 1950-х...

American actor and football player (born 1968) Terry CrewsCrews in 2017BornTerry Alan Crews (1968-07-30) July 30, 1968 (age 55)Flint, Michigan, U.S.OccupationsActortelevision hostfootball playerYears active 1991–1997 (football) 1999–present (acting) Spouse Rebecca King ​(m. 1989)​Children5American football player American football careerNo. 51, 90, 94Position:Defensive end / LinebackerPersonal informationHeight:6 ft 2 in (1.88 m)Weight...

 

العلاقات الصينية البريطانية الصين المملكة المتحدة   الصين   المملكة المتحدة تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الصينية البريطانية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين الصين والمملكة المتحدة.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية ...

 

American college basketball season 2019–20 Saint Francis Red Flash men's basketballConferenceNortheast ConferenceRecord22–10 (13–5 NEC)Head coachRob Krimmel (8th season)Associate head coachAndrew HeltonAssistant coaches Eric Taylor Umar Shannon Home arenaDeGol ArenaSeasons← 2018–192020–21 → 2019–20 Northeast Conference men's basketball standings vte Conf Overall Team W   L   PCT W   L   PCT Merrimack* 14 – 4   .77...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Morning Glory TV programme – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2013) (Learn how and when to remove this template message) British TV series or programme Morning GloryMorning Glory logoStarringDermot O'LearyCountry of originUnited King...

 

Filipino politician For his son, also a politician, see Benjamin Abalos, Jr. In this Philippine name, the middle name or maternal family name is Santos and the surname or paternal family name is Abalos. This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentiall...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!