Hendrik Theo Jacques de Coning (5 Augustus 1966 – 9 Junie 2019) was 'n Afrikaanse sanger wat veral bekend was vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.
Jacques de Coning het sy Afrikaanse liedjieskryfloopbaan in 1998 begin toe hy 'n vir die Griekwa-rugbyspan skryf. Hy verwerf bekendheid met sy album Afrikaans my trots, wat met die verkoop van meer as 100 000 kopieë goue status verwerf.
Jacques de Coning is op Sondag-oggend 9 Junie 2019 omstreeks 10:30 in 'n motorongeluk net buite Alexandria op die R72 tussen Kenton-on-Sea en Boesmansriviermond in die Oos-Kaap oorlede.[1]
Sy seun, Basil, is vyf jaar tevore ook in 'n motorongeluk oorlede.
Diskografie
Vollengte ateljeealbums
- 2000: Girl van die Klein Karoo
- 2002: Afrikaans my trots
- 2003: Trot
- 2005: Veels geluk
- 2007: Sê dit stadig
Direkte opnames
- 2007: Afrikaans my trots "Live"
Ander
- Kaniklani
- The Shadows Cliff Richard Show
Verwysings
Sien ook
Eksterne skakels