Hoerskool Nelspruit
|
|
|
Leuse
|
“Palmam Qui Meruit Ferat” (“Laat hom wat dit verdien, die palmtak dra”)
|
Gestig
|
1952
|
Tipe
|
Staatskool
|
Hoof
|
Mnr. J Hattingh
|
Grade
|
8-12
|
Medium
|
Afrikaans
|
Adres
|
Cameron Straat Verlenging
|
Stad
|
Nelspruit
|
Provinsie
|
Mpumalanga
|
Land
|
Suid-Afrika
|
Kleure
|
|
Koshuis(e)
|
Huis Hermann Davin, Huis Mare
|
Webblad
|
www.nelliesh.co.za
|
Hoërskool Nelspruit is 'n Afrikaans sekondêre skool wat in Nelspruit (in Mpumalanga) geleë is. Skoliere verwys na hulleself as Nellies.
Geskiedenis
Die skool is in 1916 gestig en het bestaan uit beide 'n hoër- en laerskool. Reeds in 1933 het die gedagte ontstaan dat die junior- en seniorleerlinge geskei moet word. Die eerste matriekeindeksamen is in 1948 hier afgelê. Die eerste geboue van die huidige Hoërskool Nelspruit is in 1952 voltooi en in gebruik geneem. Die oorspronklike geboue word nou deur Laerskool Nelspruit gebruik.[1]
Vakpakkette
Graad 08 tot 09
Leerders is vir die twee grade verplig om die volgende vakke te neem:
- Afrikaanse geletterheid
- Engelse geletterheid
- Tegnologie
- Wiskundige geletterdheid
- Natuurwetenskappe
- Kuns en kultuur
- Ekonomiese en bestuurswetenskappe
- Lewensoriëntering[2]
Graad 10 tot 12
Leerders moet aan die einde van graad 9 'n keuse maak tussen vakpakette wat 7 (of meer) van die volgende vakke insluit:
Verpligte vakke
- Afrikaans huistaal
- Engels eerste addisionele taal
- Lewensoriëntering
- Wiskunde akademies of Wiskundige geletterdheid
Keusevakke
- Fisiese wetenskappe (Natuur- en skeikunde)
- Lewenswetenskappe (Biologie)
- Inligtingstegnologie
- Rekenaargebruikerstegnologie (Rekenaarstudie en rekenaartik)
- Rekeningkunde
- Besigheidstudies (Bedryfsekonomie)
- Gasvryheidstudies (Hotelhouding en spyseniering)
- Ingenieursgrafika en -ontwerp (Tegniese tekene)
- Siviele tegnologie (Houtwerk)
- Toerisme
- Geografie[3]
Koshuise
Hoërskool Nelspruit beskik oor twee koshuise byname Huis Hermann Davin[4] en Huis Mare.[5]
Verwysings
Eksterne skakels