In 2017 het 258 Hoërskool Kempton Park-leerders die matriekeindeksamen afgelê, waarvan 251 (97,3%) geslaag het.[2][3] In 2018 het 233 leerlinge die matriekeindeksamen geskryf en 229 (98,3%) het geslaag.[4]
Skaak
'n Leerling aan Hoërskool Kempton Park, Jan du Plessis, is gekies om Suid-Afrika by die Statebondspele en Afrika-spele in skaak te verteenwoordig.[5] Hy het ook gekwalifiseer om as arbiter op te tree.[5]
Afknouery
Hoërskool Kempton Park maak in Januarie 2019 opslae toe dit kleedkamers tydens klastyd begin sluit het om afknouery te bekamp.[6] In Oktober 2019 is die skool weer eens in die nuus nadat 'n video wat wys hoe 'n leerling in 'n skoolkleedkamer aangerand word op sosiale media versprei is.[1]
↑Volgens die oorspronklike bron het 258 leerders die matriekeindeksamen afgelê en het 97,4% van hulle geslaag. 97,4% van 258 is egter 251,29. Die naaste heelgetal, 251, impliseer 'n slaagsyfer van 97,3%.