Hoërskool Grey

Hoërskool Grey
Die skool se hoofgebou.

Leuse Tria Juncta in Uno (Drie word in een saamgevoeg)
Gestig 1856
Tipe Openbare seunskool
Hoof Chris Erustmas
Grade 8–12
Stad Port Elizabeth
Provinsie Oos-Kaap
Land Suid-Afrika
Jaarboek The Grey
Skoolkoerant Grey Matter
Webblad www.greyhighschool.com

Die Hoërskool Grey is 'n staatshoërskool vir seuns in die Oos-Kaapse stad Port Elizabeth.

Die skool is in 1856 gestig en genoem na die goewerneur van die Kaapkolonie, sir George Grey, wat persoonlike belangstelling in die skool se stigting getoon het. Dit het oorspronklik as die Grey-instituut bekend gestaan. Die eerste skoolhoof was J.R. Macleish, wat deur talle waardige hoofde opgevolg is, onder andere die digter W.A. Way.

Rektore

  • J.R. Macleish (1859–1861)
  • J. Samuel (1862)
  • Eerw. Henry Isaac Johnson (1863–1872)
  • John Thurlow (1874–1884)
  • Edward Noaks (1885–1892)
  • William Chubb Meredith (1893–1910)
  • William Archer Way (1911–1928)
  • James Lang (1928–1942)
  • Bruce C. Gordon (1943–1957)
  • Owen Burnet Taylor (1958–1962)
  • Stanford Edward Edkins (1963–1976)
  • Gustav Dieter Pakendorf (1977–1992)
  • Roy Lawrence Simpson (1993–2001)
  • Neil Russel Crawford (2001–2017)
  • Chris Erustmas (2018-hede)

Bronne

  • Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
  • Grey High School, Port Elizabeth. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 1, Desember 1981

Eksterne skakels

33°57′40″S 25°35′45″O / 33.96111°S 25.59583°O / -33.96111; 25.59583

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!