Hoërskool Florida is 'n Afrikaanse hoërskool geleë in Florida, Roodepoort, Suid-Afrika. Die skool is bekend vir sy vele akademiese presteerders in Gauteng en in Suid-Afrika gedurende die afgelope dekade. info.gov.za Geargiveer 10 Augustus 2007 op Wayback Machine
"I must also applaud the Hoërskool Florida for producing the top three learners in our province." -
Premier Mbhazima Shilowa 2002 Geargiveer 31 Augustus 2007 op Wayback Machine
Noemenswaardige alumni
- Al Lotter, TV-persoonlikheid, tydskrifredakteur (Wrapped) en radio-omroeper by Jakaranda FM en Radio Bahrain
- Bertha Le Roux Wahl – aktrise, bekend vir haar rol as Emma in 7de Laan
- Elton Jantjies, tot 2012 'n rugbyspeler in die Lions (Superrugbyspan)
- Harry Viljoen, voormalige Springbokafrigter
- Heidi-Mari Oosthuizen, Suid-Afrikaanse gimnas
- Joe Foster, musikant
- Marius van Reenen, Deloitte & Touche se beste ouditklerk in Afrika in 2008
- Marlese Kapp, sanger in die Afrikaanse damesgroep Shine 4
- Peter Auret, tromspeler
- Quinne (Brown) Huffman, aktrise, bekend vir haar rol as Connie in 7de Laan
- Raoul Beukes, operasanger
- Riku Lätti, musikant
- Wahl Bartman, Springbokrugbyspeler
- Yolandi (Lotter) Herbst, TV-persoonlikheid (Sisters – MK89), model en deel van FHM 100 Sexiest Women;