Die Hoërskool D.F. Malan is 'n Afrikaanse hoërskool geleë in Bellville, Suid-Afrika. Die skool is in 1954 gestig en is na die Afrikanerpolitikus dr. Daniël François Malan, die eerste premier ná die Nasionale Party se bewindsoorname in 1948, genoem.
Skoollied
D.F. Malan se skoollied is deur dr. Danie Brink geskryf en Hercules Pieter van der Westhuizen het dit getoonset. Die woorde lui as volg:
|
Hier ver aan die suiderland,
aan die sonryke Tafelbaaistrand,
pryk die DF Malan in sy grootsheid klaar,
die sieraad van elk Afrikaner voorwaar.
Hier word ontwikkel die gees en verstand.
Seuns en dogters staan hand aan hand,
almal vereen in ons doel en ons strewe
om vir jou, Suid-Afrika, te werk en te lewe.
In ons werk en in ons wandel,
hoe ons doen en hoe ons handel,
sal ons handhaaf en bou
aan ons leuse getrou:
om ons DF Malan in ere te hou,
om ons DF Malan in ere te hou.
ons DF Malan!
|
|
Noemenswaardige alumni
- Neil Basson, musikant
- Corné Crous, akteur
- Emma de Goede, musikant
- Alex Fourie, musikant
- Pierre Greeff, musikant
- Werner Greeff, Springbokrugbyspeler
- Eduard Greyling, balletdanser
- John Havemann, musikant
- Hunter Kennedy, musikant
- Laudo Liebenberg, musikant
- Jakkie Louw, musikant
- Albert Maritz, akteur
- Gerrit Matthee, musikant
- Le-Roi Nel, musikant
- Loki Rothman, musikant
- Nicole Jaekel Strauss, skrywer
- Marian Tredoux, geoloog[1]
- Dirkie Uys, musikant
- Chris Vorster, akteur
- Leigh Wakeford, akteur
Verwysings
Eksterne skakels