Helpmekaar Kollege is 'n Afrikaanse privaat hoërskool in die voorstad Braamfontein in Johannesburg. Sowat 1350 leerders gaan tans hier skool.[1] Dit was die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in Suid-Afrika.
Helpmekaar het drie "Huise": Empire (genoem na Empireweg), Melle (genoem na Mellestraat) en Smuts (genoem na Jan Smutsweg) - die drie strate wat die skool omring. Helpmekaar was die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg.
Geskiedenis
Helpmekaar het begin as Hoërskool Helpmekaar in 1921. Die skool is vier jaar lank in nie-permanente geboue gehuisves, totdat die huidige skoolgebou in September 1925 voltooi en in gebruik geneem is.
In 1941 het die meisieskool, Hoër Meisieskool Helpmekaar, vanaf die Hoër Seunskool Helpmekaar geskei.
In 1993 privatiseer die skool en smelt die seuns en meisies weer saam, om Helpmekaar-kollege te vorm - die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in die land. In 2014 was die jaarlikse skoolgeld R57 200, betaalbaar in 11 maandelikse paaiemente van R5 200.
Kampus
Helpmekaar is geleë in Parktown, Johannesburg op die hoek van Mellestraat en Empireweg. Die skoolterrase is bestaande uit die ou gebou (meer bekend as die "Towers"), die nuwe geboue asook die terrasse. Buiten dit het die skool ook 'n rugbyveld, drie tennisbane, twee sale, 'n swembad en 'n koshuis.
Kurrikulum
Helpmekaar volg die IEB kurrikulum[2] en lewer tans ook ander akademiese geleenthede waaronder die SAT (Standardised Aptitude Tests) - 'n Amerikaanse kollegetoelatingseksamen. Vakke wat aangebied word sluit in: