h
Die heer of koning is 'n speelkaart met die beeld van 'n koning op. Die heer is gewoonlik die hoogste prentkaart. In die Franse speelkaarte en tarotkaarte is die heer direk bo die vrou of koningin. In Italiaanse en Spaanse speelkaarte is die heer direk bo die ridder en in Duitse en Switserse kaarte direk bo die Ober.
In sommige kaartspeletjies is die koning die hoogste kaart, maar in ander is die aas hoër.[1]