Hy neem van 1808 af aan verskeie veldslae deel en word in 1829 aangestel as waarnemende kwartiermeester aan die Kaap. In 1835 speel hy 'n leiersrol in die Sesde Grensoorlog en is in bevel van die patrollie wat Hintsa laat sneuwel. In 1840 verlaat hy Suid-Afrika en word adjunk-generaal van 'n Britse leër in Indië. Hy keer egter op 1 Desember1847 terug as goewerneur en hoë kommissaris en proklameer Kaffrarië op 23 Desember tot Britse gebied. Die jaar daarop besoek hy die gebied noord van die Oranjerivier en verklaar op 3 Februarie1848 die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot Britse gebied en verslaan die Boere by Boomplaats. Op 14 Maart1849 kondig hy regulasies aan vir die regering van die Oranjerivier-Soewereiniteit. Hy word op 31 Maart1852 opgevolg deur sir George Cathcart en kom op 1 Junie van daardie jaar in Engeland aan, waar hy agt jaar later sterf.