Henricus Antonius Franciscus Maria Oliva (Hans) van Mierlo (gebore 18 Augustus 1931 in Breda - oorlede 11 Maart 2010 in Amsterdam) was 'n Nederlandse joernalis en politikus.
In 1966 was hy medestigter van die politieke party Demokrate 66 (D66). Van 1966 tot 1973 en van 1986 tot 1998 was hy die politieke leier van hierdie party. Onder sy leiding het D66 verskeie oorwinnings behaal, veral tydens die verkiesings vir die Tweede Kamer van die State-Generaal in 1994, toe die party 24 setels verower het.
Van 1981 tot 1982 was hy minister van Verdediging en van 1994 tot 1998 minister van Buitelandse Sake en vise-premier in die Kok I-kabinet. Hy was ook 'n parlementariër gewees.
Hans van Mierlo is op die ouderdom van 78 oorlede.