Hans van Abeelen
|
|
Geboortenaam
|
Johannes Henricus Felix van Abeelen
|
Gebore
|
20 November 1936 Enschede, Nederland
|
Oorlede
|
21 Augustus 1998 (op 61) Enschede, Nederland
|
Nasionaliteit
|
Nederland
|
Vakgebied
|
Gedragsgenetika
|
Instelling(s)
|
Radboud Universiteit Nijmegen
|
Alma mater
|
Radboud Universiteit Nijmegen
|
Doktorale promotor(s)
|
S.J. Geerts
|
Doktorale student(e)
|
Wim Crusio
|
Johannes Henricus Felix (Hans) van Abeelen (Enschede, 20 November 1936 - 21 Augustus 1998) was die eerste Nederlandse gedragsgenetikus.
Hy studeer aan die Rijksuniversiteit Groningen waar hy sy doktoraal behaal en promoveerde aan die Radboud Universiteit Nijmegen in 1965. Hieraan het hy tot die einde van sy loopbaan verbonde as wetenskaplike hoofdmedewerker. Hy was een van die stigters van die Behavior Genetics Association en was lid van die redaksieraad van die wetenskaplike joernaal Behavior Genetics van 1971 tot 1992. Hy neem die inisiatief tot die stigting van die Kontakgroep vir die Gedragsgenetika, waarvan hy die eerste voorsitter was. Van Abeelen het in 1991 op vervroegde pensioen gegaan, maar was desondanks een van die stigters van die International Behavioural and Neural Genetics Society. Gedurende sy loopbaan publiseer hy 64 artikels en boek hoofstukke[1] en was die samesteller van die boek The Genetics of Behaviour,[2] 'n vroeë oorsig van die Europese gedragsgenetika.[3]
Verwysings