Hans en die Rooinek is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 27 November 1961 vrygestel is.
Genre
Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
Storielyn
Die taalstryd word komies in hierdie rolprent uitgebeeld met twee buspassasiers, een Afrikaans en een Engels, wat mekaar oor hul tale invlieg. Hulle word van die bus afgegooi en moet al die pad terugstap Johannesburg toe.
Sien ook