Herbert von Karajan het hom uitgenooi om die permanente pos van dirigent van die Weense Staatsopera op te neem.[2]
Hy was 'n professor aan die Weense Akademie van Musiek. Sy studente sluit Claudio Abbado, Mariss Jansons, Alexis Hauser, Alexander Alexeev, Zubin Mehta,[1] Leonid Nikolaev, Paul Angerer, Ádám Fischer, Iván Fischer, Avi Ostrowsky, Jesús López-Cobos, Gustav Meier, Miltiades Caridis, Aleksandr Alekseyev, Giuseppe Sinopoli, Gianluigi Gelmetti, Brian Jackson, Alfred Prinz, Bryan Fairfax, James Allen Gähres, Albert Rosen en Bruno Weil in, waarvan verskeie later prominente dirigente geword het. Otmar Suitner was Hans Swarowsky se opvolger aan die Weense Akademie. Swarowsky se lesings en essays is gebundel en gepubliseer as Wahrung der Gestalt, wat vandag dien as gesaghebbende ensiklopedie oor opvoerings en die begeleiding van orkeste. [3]
Hy was vanaf 1957 tot 1959 hoofdirigent van die Skotse Nasionale Simfonieorkes.
Saint-Saëns: Klavierconcerto No's 2 en 5, Orazio Frugoni (klavier), Pro Musica Orkes Wene. LP Vox PL-8410 (opname uit 1954)
Mendelssohn: Vioolconcerto in E mineur, Opus 64, Ivry Gitlis (viool), Pro Musica Orkes Wene. LP Vox PL-8840 (opname uit 1954)
Verwysings
↑ 1,01,11,21,3Slonimsky, N.; Kuhn, L., reds. (2001). Baker's Biographical Dictionary of Musicians. Vol. 6. New York: Schirmer. p. 3551.,
↑ 2,02,1Jiří Vysloužil, CD notas, Mahler Simfonie No. 4 vrygestel deur Supraphon, 1988
↑Swarowsky, Hans; Huss, Manfred (1979). Wahrung der Gestalt: Schriften über Werk u. Wiedergabe, Stil u. Interpretation in d. Musik. Wene: Universal Edition. ISBN3-7024-0138-5.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hans Swarowsky.