Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland (Russies: Пётр Никола́евич; 22 Januarie 1864 - 17 Januarie 1931) was die tweede oudste seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland en hertogin Alexandra van Oldenburg. Hy het as luitenant-generaal en adjudant-genraal in die Russiese keiserlike weermag gedien.
Persoonlike lewe
Groothertog Pieter Nikolajewitsj by sy vrou en hulle twee kinders.
Op 26 Julie 1889 is Pieter getroud met prinses Militsa van Montenegro, die dogter van koning Nikolaas I en die suster van prinses Anastasia, wat met Pieter se broer groothertog Nikolaas getroud was. Hulle het drie dogters en ’n seun gehad.
Pieter, Nikolaas, Militsa en Anastasia was in die vroeë 20ste eeu baie invloedryk aan die Russiese keiserlike hof. Die hertog het by ’n groep aangesluit wat in okkultisme belanggestel het. Hulle het eers ’n mistikus, wat net as Philippe bekend was, aan tsaar Nikolaas II en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna, voorgestel – en daarna, met ernstiger gevolge, Grigori Raspoetin.
Later is algemeen, ook in die Romanof-familie, geglo Pieter en Militsa se paleis was "die middelpunt van bose magte". Die hertoginmoeder, Maria Fjodorowna, het vas geglo die paartjie het met Raspoetin en ander saamgesmee om gunste en invloed aan die hof te wen deur middel van die neurotiese tsarina.
Teen 1914 het Aleksandra egter self gevoel sy word deur hulle gemanipuleer en het sy bande met hulle verbreek.
1 Titel toegeken deur groothertog Kirill Wladimirowitsj as aanspraakmaker op die troon.
2 Titel toegeken deur groothertog Wladimir Kirillowitsj as aanspraakmaker op die troon.