Die Europese vlieëvanger (Muscicapa striata) is 'n algemene Palearkties-broeiende trekvoël na feitlik alle beboste habitats, van woudrande tot halfdorre savanne. Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 15 – 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Spotted Flycatcher.