Europa (Grieks: Ευρώπη; ook Jupiter II) is die vierde grootste maan van die planeetJupiter ná Io, en ook die sesde grootste maan in die sonnestelsel ná die Aarde se Maan. Europa is bekend vir sy yskors, waaronder 'n oseaan van water met 'n diepte van 100 km vermoed word.
Die vier Galileiaanse mane is met 'n teleskoop sigbaar. In vergelyking met die ander Galileiaanse mane het Europa 'n baie ligte oppervlak met 'n albedo van 0,68, wat beteken dat 68% van die sonlig wat ontvang word, weerspieël word.
↑McFadden, Lucy-Ann; Weissman, Paul; Johnson, Torrence (2007). The Encyclopedia of the Solar System. Elsevier. p. 432. ISBN0-12-226805-9.
↑McGrath (2009). "Atmosphere of Europa". In Pappalardo, Robert T.; McKinnon, William B.; Khurana, Krishan K. (reds.). Europa. University of Arizona Press. ISBN0-8165-2844-6.